Kategorie: Geskiedenis

Die legende van Koning Arthur

Koning Arthur is een van die beroemdste mitologiese figure in die geskiedenis. Daar is al dosyne boeke, flieks en televisiereekse oor hom gemaak. Die storie van koning Arthur is só bekend dat party mense dink dat hy werklik gelewe het. Ons het ongelukkig geen definitiewe bewyse daarvoor nie. Koning Arthur is ’n legende wat oor […]

Lees verder

James Cook

Die 18de eeu was die eeu van ontdekking en uitvinding, van avonture op onbekende oseane, van ontmoetings met nuwe mense en botsings van kulture. In vorige eeue het ontdekkingsreisigers die wêreld se ander oseane deurkruis, maar die Stille Oseaan het meestal onbekend gebly. Dit is alles verander deur James Cook, die beroemde Britse seevaarder en […]

Lees verder

Hendrik die Seevaarder

Hendrik die Seevaarder se naam is misleidend. Dit laat hom klink asof hy ’n groot ontdekkingsreisiger was, maar dit is glad nie die geval nie! Hy was nie ’n seevaarder nie, het nie op ekspedisies gegaan nie, en het amper nooit Portugal, sy tuisland, verlaat nie. So waar kom die naam vandaan? Hy is só […]

Lees verder

Zeus

Zeus is die god van die lug in die antieke Griekse mitologie. Hy was die belangrikste van al die Griekse gode, en hy is beskou as die heerser, beskermer en vader van alle gode en mense. As jy skilderye of standbeelde van Zeus sien, sal jy opmerk hy word dikwels uitgebeeld as ’n ouer man […]

Lees verder

Die Medici-familie

Het jy dalk al van die Oppenheimers, die Ruperts of die Motsepes gehoor? Dit is families in Suid-Afrika wat bekend is vir hul sakeryke en rykdom. Nes hierdie families aan ons bekend is, was daar baie lank gelede ’n ryk en magtige familie in Italië wat ook welbekend was. Hulle het in die 1300’s bekend […]

Lees verder

Amerikaanse Vryheidsoorlog

Die Amerikaanse Vryheidsoorlog was die oorlog wat tussen 1775 en 1783 gewoed het toe dertien van Groot-Brittanje se Noord-Amerikaanse kolonies teen Britse heerskappy in opstand gekom het. Ná die oorlog is die soewereine Verenigde State van Amerika gevestig. Die Onafhanklikheidsverklaring (in Engels: Declaration of Independence) wat in 1776 onderteken is en wat vandag nog in […]

Lees verder

Die Romanof-dinastie

Die Romanof-dinastie van Rusland is vandag bekend vir die opspraakwekkende manier hoe dit tot ’n einde gekom het. Op 16 Junie 1918 het die kommuniste die laaste Russiese keiser, of die tsaar, sy vrou en hul vyf kinders op ʼn koelbloedige wyse vermoor. Maar hulle is vir veel meer as dit bekend. Die Romanof-familie het […]

Lees verder

Wêreldbekende sluipmoordaanvalle

Bekendes en beroemdes is voortdurend in die kollig of in die openbare oog. Oral waar dié mense gaan, drom groot groepe mense saam om hul gunstelingsanger, gewilde president of beeldskone glanspersoonlikheid te sien. ’n Mens sal nie sommer ’n bekende persoon sonder ’n klomp lyfwagte sien wat nuuskierige (en dikwels lastige) omstanders probeer weghou nie. […]

Lees verder

Kaapse goewerneurs, 1652-1795

In 1652 het ’n Hollandse maatskappy, die Vereenigde Oost–Indische Compagnie (VOC), besluit om ’n verversingstasie aan die Kaap te stig. Die doel van die verversingstasie was om skepe wat tussen Europa en Indië handel gedryf het van vars groente en vrugte, vleis en water te voorsien. Die VOC, ook bekend as die Kompanjie, is beheer […]

Lees verder

Sokrates

Daar is min mense van wie daar gesê word dat hy of sy die verloop van die geskiedenis verander het. Een mens wat wél daarop aanspraak kan maak, is Sokrates, die antieke Griekse filosoof en leermeester. Sokrates word as die vader van die Westerse filosofie beskou. Die manier hoe hy gedink het, is die hoeksteen […]

Lees verder

Vind artikels

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer