Kategorie: Geskiedenis

Herkoms en verandering van straatname

Die meeste straatname is eintlik ’n soort geskiedenisles oor die dorp of stad waarin hulle voorkom. Strate se name bly egter nie noodwendig vir altyd dieselfde nie, en die verandering van straatname gebeur van tyd tot tyd regoor die wêreld. Daar is baie redes daarvoor, en elke land het sy eie redes vir sulke veranderinge. […]

Lees verder

Z.K. Matthews

Zachariah Keodirelang Matthews was ‘n prominente akademikus en politikus. As jy dalk ’n musiekuitvoering by Unisa se kampus in Pretoria bywoon, is die kans goed dat dit in die Z.K. Matthews-ouditorium aangebied word. Dié universiteit het hom vereer deur hierdie groot lokaal (wat 970 sitplekke het) na hom te vernoem, omdat hy die eerste swart […]

Lees verder

Die 1918-griep (Spaanse of Groot Griep)

Eendag gaan jou kleinkinders dalk ’n taak oor die Covid-19-pandemie doen of daaroor oplees. Net soos jy nou meer van die 1918-grieppandemie probeer uitvind. Hierdie pandemie was baie erg, want ongeveer 500 miljoen mense – een derde van die wêreld se bevolking destyds – het die virus opgedoen en minstens 50 miljoen mense wêreldwyd het […]

Lees verder

Kaapse goewerneurs, 1795-1814

Tussen 1795 en 1814 het die Kaap drie keer van regeerders verander. Die Vereenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se beheer oor die Kaap het in Junie 1795 geëindig toe ’n groot Britse mag in die Kaap geland het. Ná mislukte onderhandelings en ’n klein skermutseling (klein geveg) is die Kaap op 16 September 1795 amptelik aan […]

Lees verder

Ontdekkingsreisigers in Afrika

Kan jy glo daar was ’n tyd – lank, lank gelede – toe mense nie eens geweet het hoe die hele aardbol lyk nie? Hulle het nie teleskope of satelliete gehad waarmee hulle uit die ruimte na die aarde kon kyk nie, en niemand het al ’n wêreldkaart geteken met al die kontinente en oseane […]

Lees verder

J.B.M. Hertzog

Generaal James Barry Munnik Hertzog (1866-1942), regter, Boeregeneraal en staatsman, het sy lewe aan die Afrikanervolk gewy. Daar is waarskynlik niemand wat ’n groter bydrae gelewer het tot die opheffing van die Afrikanervolk van oorwonne (verslane) volk ná die Anglo-Boereoorlog (1899-1902), tot die magtige kulturele en politieke groep wat Suid-Afrika se geskiedenis in die twintigste […]

Lees verder

Die maanlanding

In 1969 het die mensdom vir die eerste keer ooit op ’n ander ruimteliggaam geloop toe twee Amerikaanse ruimtevaarders, Neil Armstrong en Buzz Aldrin, op die maan geland het. Die maanlanding was ‘n groot geskiedkundige gebeurtenis en is ’n bewys van die mens se vindingrykheid en deursettingsvermoë. Die Koue Oorlog en die ruimtewedloop Die Koue […]

Lees verder

Sint Bartholomeusnag

Die Kerkhervorming, wat in 1517 deur Martin Luther begin is, het die Christelike Kerk in twee geskeur. Aan die een kant was daar die Protestante, wat Luther en ander kerkhervormers se nuwe idees gevolg het. Aan die ander kant was die Katolieke, wat teen Luther se idees gekant was. Die groei van Protestantisme ná die […]

Lees verder

Maria Kloppers

Die meeste van ons kan by ons eie ouers grootword en saam met ons eie broers en susters ons ouers se onvoorwaardelike liefde en sorg geniet. Maar soms gebeur dit nie, en dan is daardie baba of ouer kind wees. Dit beteken dat so ʼn kind geen heenkome of sorg het nie en uitgelewer is […]

Lees verder

Andrew Murray

Dit het nie dikwels in die wêreld se geskiedenis gebeur dat ’n pa en ’n seun albei só ’n groot invloed op die geestelike lewe van soveel mense gehad het nie. Maar dit is wat Andrew Murray senior en Andrew Murray junior gedoen het – albei het hul lewe volledig aan die verkondiging van die […]

Lees verder

Vind artikels

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer