VOORBLADARTIKEL

Narratiewe elemente

Die woord narratief verwys na ʼn mondelinge of geskrewe beskrywing of vertelling van gebeurtenisse; met ander woorde ʼn storie of verhaal. Narratiewe elemente is die hoofkomponente waaruit ʼn fiksionele verhaal bestaan. Ander verwante terme is narratiewe aspekte, narratiewe strategieë, narratiewe tegnieke, narratiewe strukture en narratiewe eienskappe. Hoewel verskeie narratiewe elemente deur verskillende teoretici onderskei word, ...
Lees verder

Het jy geweet?

F.W. de Klerk se broer, Willem, was ʼn politieke skrywer en redakteur van Rapport.

Lees meer

James Madison was 1,62m lank, die korste Amerikaanse president ooit.

Lees meer

Vandag in die geskiedenis - 29 Maart

1871 - Londen se Royal Albert Hall is deur koningin Victoria geopen. Dit is 'n groot sirkelvormige saal met sitplek vir 10 000 mense in Suid-Kensington, Londen, wat vir openbare vergaderings, konserte en oratoriums gebruik kan word. Die saal is na prins Albert vernoem, die eggenoot van koningin Victoria, met wie sy van 10 Februarie 1840 tot en met sy dood op 14 Desember 1861 getroud was.

1936 - Eugène Nielen Marais, bekende digter en skrywer, beëindig op 29 Maart 1936 sy eie lewe met ‘n haelgeweer. As joernalis het hy baie vermag. Hy het ook skerp kritiek gelewer op die regering van die ZAR. Sy gedig Winternag, wat in 1905 gepubliseer is, het bewys dat daar werklike poësie in Afrikaans geskryf kan word. Hy het ook bobbejane en miere noukeurig bestudeer en boeke oor sy navorsing gepubliseer.

1943 - John Major, Brittanje se 71ste eerste minister, is gebore.

1948 - Tsjiang Kai Sjek is herkies as president van China.

1958 - Gerard Moerdijk, die argitek van onder andere die Voortrekkermonument, sterf in die ouderdom van 68 op Nylstroom. Hy het in sy loopbaan opdragte vir meer as 80 kerke, verskeie bankgeboue, hospitale, woonhuise en stadsale ontvang.

Vind artikels

Het jy geweet?

 

Die Melkweg is slegs een uit ʼn totaal van ongeveer 100 tot 200 miljard sterrestelsels wat volgens sterrekundiges in die heelal is. Dit is meer as tien keer die totale aantal mense op aarde.

Foto: iStock
Lees meer

Die eerste jagters het ongeveer 20 000 jaar gelede reeds gejag in die gebied wat vandag Suid-Afrika is.

Foto: iStock
Lees meer

Vandag in die geskiedenis - 29 Maart

1871 - Londen se Royal Albert Hall is deur koningin Victoria geopen. Dit is 'n groot sirkelvormige saal met sitplek vir 10 000 mense in Suid-Kensington, Londen, wat vir openbare vergaderings, konserte en oratoriums gebruik kan word. Die saal is na prins Albert vernoem, die eggenoot van koningin Victoria, met wie sy van 10 Februarie 1840 tot en met sy dood op 14 Desember 1861 getroud was.

1936 - Eugène Nielen Marais, bekende digter en skrywer, beëindig op 29 Maart 1936 sy eie lewe met ‘n haelgeweer. As joernalis het hy baie vermag. Hy het ook skerp kritiek gelewer op die regering van die ZAR. Sy gedig Winternag, wat in 1905 gepubliseer is, het bewys dat daar werklike poësie in Afrikaans geskryf kan word. Hy het ook bobbejane en miere noukeurig bestudeer en boeke oor sy navorsing gepubliseer.

1943 - John Major, Brittanje se 71ste eerste minister, is gebore.

1948 - Tsjiang Kai Sjek is herkies as president van China.

1958 - Gerard Moerdijk, die argitek van onder andere die Voortrekkermonument, sterf in die ouderdom van 68 op Nylstroom. Hy het in sy loopbaan opdragte vir meer as 80 kerke, verskeie bankgeboue, hospitale, woonhuise en stadsale ontvang.

Foto: iStockFoto: iStockFoto: iStockGrafika: Jacques du Plessis
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer