Bepalings en voorwaardes

Weet.co.za is ʼn projek van Maroela Media.

1.Posisionering 

Weet is ʼn Afrikaanse e-naslaangids wat skoolkinders, onderwysers en ouers toegang gee tot ʼn digitale naslaanbron (ensiklopedie) met goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans. Inhoud is aanvullend tot die skoolkurrikulum, gr. 4 tot gr. 7, sowel as addisionele inligting wat die leefwêreld van skoolleerders sal verryk.

Weet is gebaseer op ʼn Christelike waarderaamwerk. Die samestelling van inhoud vind binne ʼn Christelike raamwerk plaas en die styl en inhoud sal daardeur beïnvloed word.

Alle inhoud handhaaf ʼn standaard en styl toepaslik vir skoliere.

2. Definisies

Tensy die teendeel duidelik aangedui word, het die volgende woorde en/of sinsnedes in hierdie beleidsdokument die volgende betekenis:

2.1 Geskrewe teks: Geskrewe artikels van enige aard wat by die domein weet.co.za gepubliseer word, insluitend nuusartikels, notas, mediaverklarings, e-posboodskappe, data en enige internetplasings.

2.2 Visuele produkte: Beeldende en grafiese kunste, foto’s ensovoorts wat deur Maroela Media/Weet vervaardig is en/of deur Maroela Media/Weet besit word.

2.3 Multimediaprodukte: Videoproduksies, video’s, ensovoorts wat deur Maroela Media/Weet vervaardig is en/of deur Maroela Media/Weet besit word en/of video’s wat deur ander bronne vervaardig is.

2.4 Gesproke teks: Toesprake, digitale opnames, lesings, aanbiedings, onderhoude ensovoorts wat deur Maroela Media/Weet vervaardig is en of deur Maroela Media/Weet besit word.

2.5 Samevoeging van inhoud: Inhoud van verkillende bronne (kan ook insluit video en klank), wat saamgevoeg word en wat herskryf word, waarby nuwe inligting gevoeg word en wat die oorspronklike bron erken.

2.6 Koekies (cookies): ‘n Koekie, ook bekend as ‘n HTTP-koekie, webkoekie, of blaaierkoekie, is ‘n klein hoeveelheid data wat van ‘n webwerf af gestuur word en in die gebruiker se webblaaier gestoor word terwyl die gebruiker die webwerf gebruik. Elke keer as die gebruiker die webwerf besoek, stuur die blaaier die koekie na die bediener terug om die webwerf van die gebruiker se vorige aktiwiteit te verwittig. Koekies is ‘n betroubare instrument by die ontwerp van webwerwe om inligting op ‘n staat te onthou of om die gebruiker se blaai-aktiwiteite (insluitend klikke op spesifieke knoppies, intekening, of die bladsye wat maande of jare gelede deur die gebruiker besoek is) vas te lê.

3. Inhoudsbeleid

Weet maak gebruik van ʼn vryskutspan wat daartoe verbind is om te alle tye:

  • te verseker dat elke artikel wat geskryf word aan die waardes soos uiteengesit in 1.2 voldoen;
  • erkenning aan bronne te gee;
  • erkenning aan foto’s/fotograwe te gee;
  • bewus sal wees wie die teikenmark van Weet is en lesers eerste stel;
  • kurrikulumartikels deur vakkundiges te laat modereer om sodoende te verseker dat alle inligting akkuraat en betroubaar is.

4. Samevoeging van inhoud (“aggregation”)

Uit die aard van dit tipe inhoud wat Weet publiseer, word daar gereeld van verskeie bronne, videomateriaal en klankinhoud gebruik gemaak.  Dit is dus saamgevoegde inhoud wat herpubliseer word.

  • Alle inhoud, ingesluit saamgevoegde inhoud, sal deur vakkundiges nagegaan word om akkuraatheid te verseker.
  • Die oorspronklike bron word ten alle tye aangedui met ‘n aktiewe skakel na die oorspronklike bron, wanneer van internetbronne gebruik gemaak is.

5. Navrae, klagtes en terugvoer van lesers

Enige navrae, klagtes of terugvoer kan deur lesers gerig word aan die projekbestuurder.

Weet hou die reg voor om enige onvanpaste korrespondensie te blok.

6. Eiendomsreg

  • Enige inhoud mag deur skoolleerders gebruik word vir take, voorbereiding van enige mondeling, huiswerk, ensovoorts, mits leerders na Weet.co.za as bron verwys.
  • Onderwysers kan Weet.co.za enige tyd gebruik as hulpmiddel met die voorbereiding van lesse, take, ensovoorts, mits onderwysers na Weet.co.za as bron verwys.
  • By enige herpublikasie van Weet-artikels op enige ander digitale platform, moet Weet as die oorspronklike publikasiemedium van die teks of produk vermeld word. ʼn Aktiewe internetskakel na die oorspronklike artikel op Weet se webwerf moet by herpublikasie/verspreiding gepubliseer word.
  • Geen inhoud mag vir besigheidsdoeleindes gebruik word sonder Weet se instemming nie.
  • Met die gebruik van enige van Weet se inhoud vir radio- en/of televisieberiggewing moet erkenning gegee word aan Weet as bron van die inligting.
  • Multimediaprodukte en klankprodukte wat deur Maroela Media/Weet vervaardig is en op die webwerf beskikbaar gestel is, mag nie op enige wyse gedupliseer word en op ʼn ander webwerf gelaai word of vir kommersiële of niekommersiële doeleindes aan luisteraars of ander persone of instansies verskaf word nie.
  • Foto’s en klankgrepe wat op Weet se webwerf gepubliseer is, mag nie op die internet herpubliseer word op so ʼn wyse dat die oorspronklike foto of klankgreep van Weet se bediener ingetrek word nie (algemeen bekend as hotlinking). Hierdie aksie word gesien as diefstal, siende dat Weet die koste van die verkeer dra.
  • Enige persoon (regspersoon of natuurlike persoon) sal plagiaat en/of intellektuele eiendomsregskending pleeg indien hy of sy Weet se idees, gepubliseer of ongepubliseer, aanbied asof dit sy eie is. Hierdie idees sluit onder andere in, maar is nie beperk tot geskrewe teks, gesproke teks, visuele produkte, multimediaprodukte en klankprodukte.
  • Weet/Maroela Media hou die reg voor om toepaslike regsmendies teen beweerde oortreders in dié verband in te stel.
  • Weet behou die reg voor om toegang tot die webwerf aan enige IP-adres te weier. Indien ongerymdhede, ongemagtige toegang en/of aktiwiteite wat ʼn potensiële gevaar inhou, soos DoS-aanvalle, spamming en hacking vermoed word, sal Weet/Maroela Media die nodige stappe neem om die beskikbaarheid van die webwerf te verseker, insluitend voorsorgmaatreëls soos throttling en blacklisting van vermeende oortreders.

7. Vrywaring 

  • Weet plaas as bronverwysings vir inhoud skakels na ander webwerwe met inligting en ander materiaal wat deur ʼn derde party geskep is. Ofskoon Weet die skakels met uiterste versigtigheid en sorg uitkies, kan Weet geen aanspreeklikheid aanvaar vir die inhoud van sodanige webwerwe nie.
  • ‘n Skakel op enige van die artikels op Weet na ‘n ander webwerf beteken nie dat Weet enige beheer oor die inhoud het nie of die inhoud van daardie webwerf gereeld nagegaan het nie. Dit beteken ook nie dat Weet daardie inhoud goedkeur nie.
  • Weet sal nie verantwoordelik gehou word vir enige skade, eise, kompensasie, genoegdoening, ensovoorts wat opgedoen word deur webwerwe wat besoek is vanaf skakels op Weet se webwerf nie. Sodra ʼn gebruiker via ʼn skakel van Weet na ʼn ander webwerf beweeg, is die gebruiker onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van daardie webwerf.
  • Daar word van tyd tot tyd opvoedkundige video’s geplaas wat van toepassing is op artikelinhoud. Die video’s word ingetrek deur die YouTube-kanaal. Weet kan glad nie aanspreeklik gehou word vir enige onvanpaste advertensiemateriaal wat saam met die video’s mag verskyn nie. Ouers en voogde word aangemoedig om seker te maak dat die nodige internetsekuriteitsmaatreëls geïmplementeer is om sodoende onvanpaste inhoud te verhoed.
  • Alhoewel Weet hom daartoe verbind om inhoud te plaas wat van toepassing is op skoolleerders van alle ouderdomsgroepe, word ouers of voogde aangemoedig om seker te maak dat daar volwasse toesig is. Indien ʼn minderjarige op Weet was en van daar af beweeg na enige ander webtuiste wat onwelvoeglike, vulgêre, eksplisiete, skokkende of gewelddadige inhoud bevat, kan Weet nie aanspreeklik gehou word nie.
  • Weet neem redelike stappe om gebruikers te beskerm teen skade en kuberkrakers, maar kan nie verantwoordelik gehou word indien hulle wel skade opdoen as gevolg daarvan nie.

8. Beskerming van kinders se privaatheid

Weet is daartoe verbind om die privaatheid van kinders wat weet.co.za gebruik, te beskerm.

8.1 Algemeen

  • Weet bied aan sy gebruikers inhoud wat gerig is op kinders jonger as 18 jaar oud, onderwysers en ouers.
  • Daar mag van tyd tot tyd kompetisies en geleenthede van stapel gestuur word waar kinders se inligting deur middel van ouers bekom word.
  • In enige geval waar daar wel persoonlike inligting van ‘n kind verkry is, onderneem Weet om die inligting slegs te gebruik solank as wat dit nodig is om aan ʼn versoek te voldoen of die kind toe te laat om aan ʼn aktiwiteit deel te neem.
  • Indien daar ontdek word dat inligting van ‘n kind onder 18 op ‘n wyse verwerk is wat nie in ooreenstemming is met die toepaslike wetgewing nie, sal die inligting uit Weet se rekords verwyder word of die ouers se toestemming onmiddellik verkry word vir sodanige verwerking.
  • Vir alle kompetisies en geleenthede wat deur Weet aangebied word, sal ouers of voogde namens die kind inskryf.
  • Weet sal nie ouers se e-posadresse wat vir ouerlike toestemmingsdoeleindes voorsien word, vir bemarking gebruik nie, tensy die ouer uitdruklik daartoe ingestem het.
  • As u glo dat u kind aan ‘n kompetisie/aktiwiteit wat persoonlike inligting insamel, deelneem en u of ‘n ander ouer/voog NIE u toestemming hiervoor gegee het nie, is u welkom om die projekbestuurder te kontak.

8.2 Verwysbare ouervergunning

In die geval waar Weet persoonlike inligting van ‘n kind wil insamel, vereis die POPI-wet (“Protection of Personal Information Act”) dat ‘n ouer of voog eers daarvoor toestemming moet gee. Weet sal dus nie persoonlike data van ʼn kind insamel en prosesseer alvorens ʼn ouer/voog toestemming daartoe verleen nie.

8.3 Wanneer inligting van kinders beskikbaar gemaak word aan derde partye

Behalwe vir seldsame gevalle waar ‘n kind se persoonlike inligting in die openbaar geplaas word (na ontvangs van ouerlike toestemming), kan ons ook persoonlike inligting van kinders in ‘n beperkte aantal gevalle insamel, insluitend die volgende:

Ons mag persoonlike inligting bekend maak indien dit toegelaat of vereis word deur die wet, byvoorbeeld in reaksie op ‘n hofbevel of dagvaarding.

Ingevolge toepaslike wetgewing kan Weet:

  • persoonlike inligting wat van kinders ingesamel is, openbaar maak in reaksie op ‘n versoek vir wetstoepassing of aan ʼn openbare agentskap (insluitende skole of kinders);
  • indien ons glo openbaarmaking die optrede van ‘n misdaad kan voorkom, ‘n ondersoek in verband met openbare veiligheid kan fasiliteer of die veiligheid van ‘n kind kan beskerm deur gebruik te maak van ons webwerwe of toepassings;
  • die sekerheid of integriteit van Weet se webwerf, toepassings en ander tegnologie, asook die tegnologie van diensverskaffers beskerm; of
  • Weet in staat stel om voorsorgmaatreëls teen regsaanspreeklikheid te tref.

9. Privaatheid

  • Die gebruiker gee toestemming dat Weet sy/haar persoonlike inligting mag insamel wat die gebruiker aan Weet bekend maak deur die inskryf van ʼn kompetisie of enige ander geleentheid.
  • Weet kan sodanige inligting gebruik om sy en Maroela Media se projekte aan sy lesers te bemark.
  • Weet sal slegs die gebruiker se persoonlike inligting met derde partye deel wat gekeur is. Hierdie is derde partye wat duidelik op die webwerf aangedui is op die spesifieke Weet-webwerf waar die gebruiker sy/haar inligting deel.
  • Weet sal nie die gebruiker se inligting met enige ander party, wat nie ‘n vennoot van Weet is nie, deel sonder om vooraf die gebruiker se toestemming te verkry nie, tensy Weet ingevolge die heersende reg verplig is om dit te doen, indien dit nodig is om die webblad te bedryf of as dit in openbare belang is om die inligting vry te stel.

10. Kontak ons

Kontak Weet se projekbestuurder vir enige navrae: [email protected].

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer