Kategorie: Kunste

Immanuel Kant

As mense praat oor filosofie en filosowe klink dit baie slim en belangrik, maar het jy geweet dat jy tien teen een ook al aan diep filosofiese vrae gedink het? Dit is wanneer jy aan vrae dink, soos “Hoekom is daar oorloë?”, “Wat is liefde?” of “Wat is ’n goeie vriend?” Iemand wat baie diep […]

Lees verder

Vladimir Tretchikoff

Die lewe maak soms vreemde draaie met mense. Dit was veral waar van Tretchikoff wat vanaf ’n arm Russiese vlugteling tot ’n wêreldbekende en skatryk skilder gevorder het en boonop sy tuiste in Suid-Afrika gevind het. Moeilike kinderjare Vladimir Grigoryevich Tretchikoff is op 13 Desember 1913 in Petropawlofsk (nou Petropawl) in Rusland gebore. Hy was […]

Lees verder

Voltaire

Verbeel jou jy is só bekend en invloedryk dat daar ’n hele tydperk in Europa se geskiedenis na jou vernoem word! Die Franse skrywer en wysgeer Voltaire kan dít van homself sê. Sy impak op hoe mense gedink het, was só diepgaande dat die Verligting in Europa in die 18de eeu soms die Era van […]

Lees verder

Paul Eilers

Paul Eilers was een van daardie kunstenaars wat die bedryf waarin hy gewerk het, van alle kante af leer ken en beoefen het. Hy was ’n rolprentvervaardiger, regisseur van rolprente en verhoogproduksies, radio-omroeper én akteur wat in rolprente en verhoogstukke gespeel het. Dan het hy boonop ’n radiostasie en sy eie rolprentateljee begin – ’n […]

Lees verder

Elize Cawood

Elize het deur haar hele lewe die plattelandse meisie uit die Vrystaat gebly – eerlik, reguit en sonder fieterjasies. Sy is gebore om toneel te speel; dit het vir haar natuurlik gekom. Sy kon gehore laat huil, en sy kon hulle veral heerlik laat lag met haar baie fyn komiese aanvoeling. Vrystaatse meisie Elize is […]

Lees verder

Pjotr Iljitsj Tsjaikofski

Pjotr Iljitsj Tsjaikofski (uitgespreek tsjai-KOF-skie) was ’n Russiese komponis wat van die wêreld se bekendste balletmusiek geskryf het. Die eerste paar note van sy eerste klavierkonsert is amper net so bekend soos die eerste paar note van Beethoven se vyfde simfonie, en sy musiek is al gebruik in rolprente soos Billy Elliot en The Black […]

Lees verder

Jean-Jacques Rousseau

Dink jy dat die mens inherent goed is en dat die samelewing van hom of haar ’n slegte mens kan maak? Jean-Jacques Rousseau (1712-1778) het só gedink. Rousseau was ’n bekende filosoof wat in Genève (vandag ’n stad in Switserland) gebore is. Hy was een van die belangrikste denkers van die Verligting. Die Verligting was […]

Lees verder

Michelangelo

Die Dawid-standbeeld, die plafon van die Sistynse Kapel, die koepel van die Sint-Pieterskerk. Drie van die bekendste kunswerke in die geskiedenis, uit drie verskillende kunsvorme: beeldhouwerk, skilderkuns en argitektuur. En al drie is geskep deur dieselfde mens: Michelangelo. Michelangelo word as een van die beste kunstenaars van alle tye beskou en het in sy leeftyd […]

Lees verder

Maggie Laubser

Wie sou nou kon dink dat ’n dogtertjie wat op ’n plaas in Suid-Afrika gebore is, se skilderye aanvanklik erg gekritiseer sou word en later vir honderdduisende rande sou verkoop? Dit is presies wat met Maggie Laubser (1886-1973) gebeur het. Laubser was ’n bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar en van haar bekendste werke is Indiese meisie met […]

Lees verder

Vind artikels

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer