Kategorie: Geskiedenis

Die Medici-familie

Het jy dalk al van die Oppenheimers, die Ruperts of die Motsepes gehoor? Dit is families in Suid-Afrika wat bekend is vir hul sakeryke en rykdom. Nes hierdie families aan ons bekend is, was daar baie lank gelede ’n ryk en magtige familie in Italië wat ook welbekend was. Hulle het in die 1300’s bekend […]

Lees verder

Amerikaanse Vryheidsoorlog

Die Amerikaanse Vryheidsoorlog was die oorlog wat tussen 1775 en 1783 gewoed het toe dertien van Groot-Brittanje se Noord-Amerikaanse kolonies teen Britse heerskappy in opstand gekom het. Ná die oorlog is die soewereine Verenigde State van Amerika gevestig. Die Onafhanklikheidsverklaring (in Engels: Declaration of Independence) wat in 1776 onderteken is en wat vandag nog in […]

Lees verder

Die Romanof-dinastie

Die Romanof-dinastie van Rusland is vandag bekend vir die opspraakwekkende manier hoe dit tot ’n einde gekom het. Op 16 Junie 1918 het die kommuniste die laaste Russiese keiser, of die tsaar, sy vrou en hul vyf kinders op ʼn koelbloedige wyse vermoor. Maar hulle is vir veel meer as dit bekend. Die Romanof-familie het […]

Lees verder

Wêreldbekende sluipmoordaanvalle

Bekendes en beroemdes is voortdurend in die kollig of in die openbare oog. Oral waar dié mense gaan, drom groot groepe mense saam om hul gunstelingsanger, gewilde president of beeldskone glanspersoonlikheid te sien. ’n Mens sal nie sommer ’n bekende persoon sonder ’n klomp lyfwagte sien wat nuuskierige (en dikwels lastige) omstanders probeer weghou nie. […]

Lees verder

Kaapse goewerneurs, 1652-1795

In 1652 het ’n Hollandse maatskappy, die Vereenigde Oost–Indische Compagnie (VOC), besluit om ’n verversingstasie aan die Kaap te stig. Die doel van die verversingstasie was om skepe wat tussen Europa en Indië handel gedryf het van vars groente en vrugte, vleis en water te voorsien. Die VOC, ook bekend as die Kompanjie, is beheer […]

Lees verder

Sokrates

Daar is min mense van wie daar gesê word dat hy of sy die verloop van die geskiedenis verander het. Een mens wat wél daarop aanspraak kan maak, is Sokrates, die antieke Griekse filosoof en leermeester. Sokrates word as die vader van Westerse filosofie beskou. Die manier hoe hy gedink het, is die hoeksteen van […]

Lees verder

Plato

Het jy al ooit gehoor dat daar van mense as “platoniese vriende” gepraat word? Dit beteken hul verhouding is baie heg en hulle gee baie vir mekaar om, maar hulle is nie verlief op mekaar nie. Daardie woord “platonies” is ’n afleiding van die naam Plato. Plato (428/427 v.C. tot 348/347 v.C.) was ’n filosoof […]

Lees verder

Napoleon Bonaparte

Wanneer mens aan die grootste militêre leiers in die geskiedenis dink, is een van die eerste name wat by jou opkom, dié van Napoleon Bonaparte. Hy was ’n Franse keiser wat vroeg in die 19de eeu Europa oorheers het, en in die proses een van die grootste ryke in die geskiedenis geskep het! Vroeë jare […]

Lees verder

Karl Marx

Die laat 19de en vroeg 20ste eeu was ’n era van grootskaalse verandering in Europa. Hierdie veranderinge was telkens deur die idees van denkers of filosowe aangevuur. Baie mense glo dat niemand ’n groter invloed op dié veranderings gehad het as die Duitse filosoof en revolusionêre denker Karl Marx nie. Marx is die vader van […]

Lees verder

Die Wall Street Crash

Die Wall Street Crash is die term waarmee geskiedkundiges verwys na die ineenstorting van die aandelemark in die VSA. Beleggers het begin glo dat dit nie meer veilig is om hul geld in aandele te belê nie, en toe al hul aandele paniekerig begin verkoop sodat hulle nie hul geld sou verloor nie. Op 29 […]

Lees verder

Vind artikels

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer