Kategorie: Sport en ontspanning

Durban July

Die Durban July is ’n Suid-Afrikaanse wedren vir volbloedperde wat sedert 1897 elke jaar ​​op die eerste Saterdag in Julie by die Greyville-renbaan in Durban, KwaZulu-Natal, gehou word. Die oppervlak van die baan waarop die perde hardloop, is turf, en perde van alle ouderdomme neem aan die wedren deel. Dit is Suid-Afrika se voorste perdewedren […]

Lees verder

Paul Roos

Al hou jy nie van rugby nie, is ek seker jy weet wie die Springbokke is. Dit is Suid-Afrika se nasionale rugbyspan. Die man wat aan die naam “Springbokke” vir ons rugbyspan gedink het, se naam was Paul Roos. Paul Roos (1880-1946) was die kaptein van die eerste Suid-Afrikaanse rugbyspan wat oorsee getoer het. Paul […]

Lees verder

Danie Craven

Suid-Afrika het ’n trotse rugbytradisie en het al baie talentvolle rugbyspelers opgelewer. Een van die bekendstes waaroor daar vandag nog gepraat word, is dr. Danie Craven, oftewel Dok Craven. Sy naam was so sinoniem met rugby dat hy Mnr. Rugby genoem is. Hy was nie net ’n Springbokrugbyspeler nie, maar ook ’n Springbok-keurder, -afrigter en […]

Lees verder

Wimbledonse tennistoernooi

Die Wimbledonse tenniskampioenskapstoernooi, of sommer net kortweg “Wimbledon”, is die oudste tennistoernooi in die wêreld. Dit is ook een van die vier vernaamste tennistoernooie wat elke jaar gespeel word. Hierdie tenniskampioenskapstoernooi word in die voorstat Wimbledon in Wes-Londen, Engeland gespeel. Die ander drie kampioenskapstoernooie is die Amerikaanse Ope, die Australiese Ope en die Franse Ope. […]

Lees verder

Wêreldbeker-netbaltoernooi

Die Wêreldbeker-netbaltoernooi is in 2023 vir die eerste keer in Afrika aangebied. Suid-Afrika is die gasheer van hierdie toernooi. Dié groot sportbyeenkoms is van 28 Julie tot 6 Augustus 2023 by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gehou. Altesaam het 16 spanne aan die tiendaagse toernooi deelgeneem. Suid-Afrika se nasionale vrouespan word die Proteas genoem en hulle was […]

Lees verder

Olimpiese Spele

Dit is darem baie lekker (en ’n groot voorreg!) om talentvol in ’n sportsoort te wees. Om op die podium te staan, ’n medalje te wen of dalk selfs ’n rekord te laat spat, laat ’n mens se hart so vinnig soos ’n perd se galop klop. Dit maak ál die sweet en harde werk […]

Lees verder

Sport

Min mense in die wêreld neem nie een of ander tyd aan sport deel nie – selfs mense wat nie noodwendig daarvan hou om fisiek dinge te doen nie. Of dit nou professioneel gebeur, of sommer vir ontspanning of net omdat jy jou skool aan die begin van die skooljaar by die atletiek moet verteenwoordig, […]

Lees verder

Wêreldbeker-sokker

Die Wêreldbeker-sokkertoernooi is naas die Olimpiese Spele die sportgeleentheid wat die gewildste onder sportliefhebbers reg oor die wêreld is. Meer as 3 miljoen mense het die jongste Wêreldbeker-sokkertoernooi, wat in 2022 in Katar in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) aangebied en in ’n spannende uitspeeldoelskopstryd (penalty shoot-out) deur Argentinië gewen is, bygewoon. Boonop het nagenoeg […]

Lees verder

Formule 1-wedrenne

Alle oë is op die 20 renmotors op die baan. Vyf rooi ligte gaan aan en dan af … en daar gaan hulle! Met ʼn gefluit van bande en gebrul van enjins jaag hulle om en om die renbaan en probeer mekaar verbysteek. Al is jy dalk nie ’n entoesias van Formule 1-wedrenne nie, het […]

Lees verder

Kaapstad-fietstoer (die ou Cape Argus)

Die organiseerders van die Kaapstad-fietstoer sou sekerlik nooit kon dink hoe groot hierdie geleentheid sou word toe hulle die eerste een beplan het nie. Ook die eerste deelnemers sou nie gedink het dat hulle deelneem aan ’n fietstoer wat internasionaal bekend sou word en uiteindelik duisende deelnemers van oor die hele Suid-Afrika en ook uit […]

Lees verder

Vind artikels

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer