Vinnige feite

  • In 1995 het netbal ’n erkende sport van Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) geword met die hoop om netbal in die toekoms by die Olimpiese Spele-program in te sluit.
  • Netbal was in 1998 vir die eerste keer deel van die Statebondspele se program.
  • In 2008 is die Fast5 Netball World Series-reeks van stapel gestuur wat in 2012 na die Fast5 hernoem is. Dis ‘n korter weergawe van gewone netbalwedstryde.
  • Suid-Afrika het as gasheerland outomaties vir die Wêreldbeker-toernooi gekwalifiseer, maar omdat die Proteas vyfde op die wêreldranglys is, sou hulle in elk geval gekwalifiseer het.
  • Suid-Afrika het twee keer al die topdrie by die Wêreldbeker-netbaltoernooie gehaal: In 1967 en in 1995.
  • ’n Netbalwedstryd duur 60 minute.
  • ’n Netbalbaan is 30 m lank en 15 m wyd. Die doelpaal is 3 m hoog.
  • Netbalspelers mag nie die bal vir langer as 3 sekondes vashou nie. Hulle mag ook nie met die bal hardloop nie.
  • ’n Doel tel slegs een punt. 6
  • Netbalspelers is dikwels baie lank, veral die doele. Die langste speler wat in 2023 aan die Wêreldbeker deelgeneem het, is Tharjini Sivalingam. Sy is 2,06 m lank en ook die langste mens op haar tuisdorp in Sri Lanka. 7
  • Australië beklee die eerste plek op die wêreldranglys en het al twaalf keer die Wêreldbeker-toernooi gewen. Die land is die heersende wêreldkampioen.
  • Nieu-Seeland het die Wêreldbeker-netbaltoernooi al vyf keer gewen.

Die Wêreldbeker-netbaltoernooi is in 2023 vir die eerste keer in Afrika aangebied. Suid-Afrika is die gasheer van hierdie toernooi.

Dié groot sportbyeenkoms is van 28 Julie tot 6 Augustus 2023 by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gehou. Altesaam het 16 spanne aan die tiendaagse toernooi deelgeneem.

Suid-Afrika se nasionale vrouespan word die Proteas genoem en hulle was een van die top gekeurde spanne in die toernooi. Hulle het teen Jamaika, Wallis en Sri Lanka in Groep C gespeel. 1 Ons nasionale vrouespan word die Proteas genoem. Hul eerste wedstryd was op 28 Julie teen Wallis en hulle het Wallis met 61-50 geklop. Hulle het Sri Lanka met 87-32 geklop en het hul eerste wedstryd in die uitklopfase met 69-28 teen Trinidad en Tobago gewen. Hulle het gelykop teen Nieu-Seeland met 48-48 gespeel, maar ongelukkig het hulle teen Jamaika met 49-67 verloor. Hulle het vir Uganda met 52-50 gewen, vir Tonga met 72-46, maar met 47-49 teen Uganda verloor. Hulle het die toernooi in die sesde plek afgesluit.

Die spanne wat deelgeneem het

Groep A: Australië, Tonga, Zimbabwe en Fidji

Groep B: Engeland, Malawi, Skotland en Barbados

Groep C: Jamaika, Suid-Afrika, Wallis en Sri Lanka

Groep D: Nieu-Seeland, Uganda, Trinidad & Tobago en Singapoer 1

Die toernooi

Die toernooi het tien dae lank geduur, maar die spelers was daarna baie moeg, want hulle het in baie wedstryde gespeel met drie fases.

Eerste fase: Daar was vier spanne in elke groep en in die eerste ronde moet elkeen van die spanne in die groep teen mekaar speel. Die spanne is dan van een tot vier gelys na gelang van hoe hulle gevaar het. Die eerste drie spanne van groepe A en B Groep F, terwyl die eerste drie spanne van groepe C en D Groep G gevorm het. Die laaste span in elke groep het dan Groep E gevorm.

Tweede fase: Dit was nog ’n uitspeelfase en dan is die spanne in Groep G van G1 tot G6 gelys en dié in Groep F van F1 tot F6. Elke span moes dan eers vyf wedstryde gespeel het.

Derde fase: Die spanne wat eerste en tweede in Groep F en Groep G (fase 2) gekom het, het na die halfeindronde deurgedring, naamlik F1 teen G2 en G1 teen F2. Die spanne wat derde of vierde in Groep F of Groep G geëindig het, het dan vir die vyfde tot agtste plekke meegeding. Spanne in Groep E speel het dan teen mekaar gespeel om te kyk wie 13de tot 16de gaan kom. Die eindstryd het op 6 Augustus 2023 plaasgevind. Australië het die wedstryd met 61-45 gewen. Engeland was dus die naaswenners met Jamaika in die derde plek en Nieu-Seeland in die vierde plek. 2

Geskiedenis van die toernooi

Die Wêreldbeker-toernooi het ’n geskiedenis wat uit die jare sestig dateer. Die toernooi is van 1963 tot 1978 die Wêreldnetbalkampioenskappe genoem en is op ’n rondomtalieformaat (in Engels: round robin) gespeel. Die naam van die toernooi is in 2015 na die Wêreldbeker-netbaltoernooi hernoem. 3

Die laaste 20 jaar se toernooie

Jaar Ligging Wenner Naaswenner
1983 Singapoer Australië Nieu-Seeland
1987 Glasgow, Skotland Nieu-Seeland Australië en Trinidad en Tobago
1991 Sydney, Australië Australië Nieu-Seeland
1995 Birmingham, Engeland Australië Suid-Afrika
1999 Christchurch, Nieu-Seeland Australië Nieu-Seeland
2003 Kingston, Jamaika Nieu-Seeland Australië
2007 Auckland, Nieu-Seeland Australië Nieu-Seeland
2011 Singapoer Australië Nieu-Seeland
2015 Sydney, Australië Australië Nieu-Seeland
2019 Liverpool, Engeland Nieu-Seeland Australië
2023 Kaapstad, Suid-Afrika Australië Engeland 3

Hoe word hierdie sportsoort gespeel?

Twee spanne van sewe spelers elk speel in ’n wedstryd. Elke span probeer om balbesit te behou en uiteindelik doele te gooi.

Die spelers hardloop, spring, gooi en vang en probeer om die bal by die doel uit te kry sodat hulle punte kan kry. Die span wat die meeste doele gooi, is die wenner. Daar is verskillende posisies en spelers word as gevolg daarvan tot sekere gebiede op die baan beperk. Daar is baie reëls wat spelers moet onthou en daarom is skeidsregters op die baan belangrik. 4

Hoe het netbal ontstaan?

’n Dertigjarige Kanadese man wat in Amerika gebly het, het die saadjie daarvoor geplant…

In 1891 is ene James Naismith in Springfield, Massachusetts, gevra om ’n binnenshuise speletjie vir jong mans by die Skool vir Christelike Werkers te ontwikkel. Die jong mans het gewoonlik so rof gespeel dat meeste speletjies/sport met beserings geëindig het. Hy moes dus ʼn speletjie uitdink wat niemand sou beseer nie.

Basketbal is gebore toe hy besluit het dat ’n bal in ’n hoë mandjie gegooi moet word. Vier jaar later is die grondslag vir netbal gelê, toe ’n onderwysers genaamd Clara Baer van New Orleans ’n brief aan Naismith gestuur het. Sy het vir die reëls van die spel gevra en hy het vir haar ’n baan geteken met strepe om te wys watter gedeeltes die spelers moes verdedig.

Baer het egter gedink dit beteken dat die spelers nie daardie gedeeltes kon verlaat nie. En so sommer reëls vir netbal geskep.

Netbal is vir die eerste keer in 1895 in Engeland gespeel en die gewildheid daarvan het gegroei en na ander lande versprei. Standaardreëls is eers in 1960 ingestel toe die Internasionale Federasie van Vrouebasketbal en Netbal gestig is. Die eerste Wêreldkampioenskap-toernooie het gevolglik in 1963 afgeskop. 3

Die Proteas-span wat aan die Wêreldbeker-toernooi deelgeneem het

Bongiwe Msomi: SA netbalkaptein

Karla Pretorius: onderkaptein

Khanyisa Chawane

Izette Griesel

Phumza Maweni

Owethu Ngubane

Refiloe Nketsa

Lenize Potgieter

Lefebre Rademan

Nicola Smith

Jeante Strydom

Nichole Taljaard

Elmere van der Berg

Shadine van der Merwe

Ine-Mari Venter 5

Woordbank

doel Om die bal deur ’n ringnet te gooi.
gasheer Aanbieder van geleentheid (in hierdie geval)
kampioen Oorwinnaar by wedstryd.
outomaties Iets gebeur vanself.
rondomtalieformaat Om en om in ʼn sirkel.
rondomtalie-formaat Wedstryd of toernooi waarin ‘n enkeling, ’n paar of ’n span beurtelings teen elk van die ander deelnemende spelers, pare of spanne speel.
skeidsregters Iemand wat by ’n wedstryd moet kyk dat reëls nagekom word.
toernooi Wedstryd.

Lees hierdie artikels om jou kennis te verryk

Kyk hierdie video’s

Suid-Afrika is die gasheerland

Netbal: Verstaan die reëls en die spel

Kyk hier na hoogtepunte!

Gepubliseer op: 31 Julie 2023 | Bygewerk op 23 Januarie 2024