Kategorie: Geskiedenis

Wetenskaplike revolusie

Eens op ’n tyd het die wêreld baie anders as vandag gelyk. Daar was nie TV’s, elektriese ligte, wasmasjiene of radio’s nie. Om nie eens van Google, Alexa of Netflix te praat nie! Dis moeilik om ons in so ’n wêreld in te dink. Die mense van lank, lank gelede was boonop baie skepties oor […]

Lees verder

Johannes Gutenberg

Die ontwikkeling van die drukpers in die middel van die 15e eeu is een van die verreikendste oomblikke in die geskiedenis. Dit het die verloop van Europese geskiedenis onherroeplik verander. Die persoon wat hiervoor verantwoordelik was, was ’n Duitse goudsmid en ontdekker genaamd Johannes Gutenberg. Vroeë jare Ten spyte van die massiewe invloed wat Gutenberg […]

Lees verder

Die Suid-Afrikaanse Grensoorlog (1966-1989)

Normaalweg beteken “grens” net die plek waar twee lande bymekaar kom. In Suid-Afrika het die woord iets heeltemal anders vir mense begin beteken toe seuns, wat nog eintlik net tieners was en pas uit die skool gekom het, “grens” toe moes gaan om te gaan oorlog maak. Kom ons kyk na die wie, wat en […]

Lees verder

John Philip

Dr. John Philip (1775-1851) is ’n kontroversiële (waaroor mense baie sterk en uiteenlopende menings het) figuur in Suid-Afrika se geskiedenis. As ’n mens begin nalees oor die redes vir die Groot Trek van 1838, sien ’n mens baie keer sy naam. John Philip het hom beywer (hard gewerk) vir die regte van slawe en die […]

Lees verder

Petronella van Heerden

Ons is gelukkig om in ’n tyd te bly waar daar nie meer teen mense se geslag gediskrimineer word nie. Dit was egter nie altyd so nie. Daar was ’n tyd toe dit nie maklik was om ’n meisie of ’n vrou te wees nie. Vandag word vroueregte erken en gevier, maar eens op ’n […]

Lees verder

Krugermiljoene

Soms gebeur dit dat mense ʼn storie vertel oor iets wat dalk gebeur het. Niemand weet of dit waar is nie, en niemand ken al die feite nie, maar almal praat daaroor. Dan vergeet mense daarvan tot iemand anders weer daaroor begin praat, en dan word al die stories van vooraf oorvertel. Dit is die […]

Lees verder

D.F. Malan

“Glo in God, glo in jou volk, glo in jouself.” Hierdie is die openingswoorde van doktor D.F. Malan se herinneringskrif, Afrikaner-volkseenheid en my ervarings op die pad daarheen. Hierdie kragtige woorde, geïnspireer deur die gees wat die Voortrekkers besiel het om die Groot Trek aan te durf, is sy eie. Hiervolgens het dr. Malan – […]

Lees verder

F.W. de Klerk

Frederik Willem (F.W.) de Klerk (1936-2021), president van Suid-Afrika tussen 1989 en 1994, het eenmaal aan ʼn joernalis gesê: “As mens glo dat ʼn beleid onwerkbaar is, word dit immoreel om dit te bly verdedig.” Die beleid waarna hy verwys het, was apartheid. De Klerk het die deur oopgemaak vir demokrasie in Suid-Afrika. [Lees hier oor demokrasie.] Daardeur […]

Lees verder

Mangosuthu Buthelezi

Hoofman Mangosuthu Gatsha Buthelezi was ʼn Suid-Afrikaanse staatsman, parlementariër (lid van die parlement), die stigter van die Inkatha-Vryheidsparty (Engels: Inkatha Freedom Party) en ʼn prominente struggle-leier (ʼn leier in die stryd om apartheid te beëindig). Hy was ook tien jaar lank, van 1994 tot 2004, Suid-Afrika se minister van binnelandse sake. Agtergrond Mangosuthu Buthelezi is […]

Lees verder

Vind artikels

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer