Amerikaanse Burgerregtebeweging (Civil Rights Movement)
Die Amerikaanse Burgerregtebeweging (in Engels: Civil Rights Movement) was ’n georganiseerde veldtog deur swart Amerikaners om rassediskriminasie te beëindig en gelyke regte onder die wet te verkry. Dit het in die laat 1940’s begin en in die laat 1960’s geëindig. Hoewel dit ’n tyd van groot ontwrigting in die Verenigde State van Amerika (VSA) was, […]