Solomon Mahlangu
As jy al ooit op die snelweg verby Pretoria gery het, het jy al sekerlik die afrit na Solomon Mahlangu-weg gesien. Dié pad, wat voorheen Hans Strijdom-weg was, is ongeveer 12 km lank. Dit loop in ’n noordoostelike rigting vanaf Centurion tot by Mamelodi, verby die Waterkloof-lugmagbasis en woongebiede soos Lyttelton, Waterkloof, Wierdapark, Elarduspark, Moreletapark […]