Kategorie: My land

Arnoldus Pannevis

Afrikaanssprekendes is vandag gelukkig om in hul taal te kan skryf, lees en skoolgaan. Ons kan dig in Afrikaans, sing in Afrikaans en stry in Afrikaans. Daar is talle boeke, tydskrifte, koerante, liedjies, TV-programme en flieks in ons taal. Dit was egter nie altyd die geval nie. Soos julle al weet, het Jan van Riebeeck […]

Lees verder

Dalene Matthee

Haar boeke het ’n hele generasie van mense van die Knysnawoud en sy inwoners gemaak. Dalene Matthee (1938-2005) was die skrywer van die bekende “bosboeke”, naamlik Kringe in ’n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos. Matthee het 12 romans en een kinderboek geskryf en haar boeke is in 14 tale vertaal. Haar boeke word […]

Lees verder

Paul Roos

Al hou jy nie van rugby nie, is ek seker jy weet wie die Springbokke is. Dit is Suid-Afrika se nasionale rugbyspan. Die man wat aan die naam “Springbokke” vir ons rugbyspan gedink het, se naam was Paul Roos. Paul Roos (1880-1946) was die kaptein van die eerste Suid-Afrikaanse rugbyspan wat oorsee getoer het. Paul […]

Lees verder

Verna Vels

“Haai, oe, Blommie!” As jy hierdie woorde ken, beteken dit dat jy een van die duisende kinders (of grootmense!) is, wat al die Liewe Heksie-boeke gelees of na die TV-programme gekyk het. Liewe Heksie is een van die bekendste en gewildste boekkarakters wat nog in Afrikaans geskep is. Dié karakter was die geesteskind van Verna […]

Lees verder

Jan Shoba-straat

In die jaar 2012 is daar ’n swetterjoel straatname in Pretoria verander, en dit was seker omtrent ’n konsternasie vir padgebruikers. Jy ry nog die een dag in Duncan-straat, en die volgende dag is dit Jan Shoba-straat. In 1905 is die straat Duncan-straat gedoop, en dit is na sir Patric Duncan vernoem. Hy was in […]

Lees verder

January Masilela-rylaan

January Masilela-rylaan in Pretoria was voorheen Generaal Louis Botha-rylaan. Masilela was ’n soldaat en politieke figuur wat onder meer deel gevorm het van die bestuur van die African National Congress (ANC), asook ’n parlementslid was. Hy is veral bekend as die eerste swart sekretaris van verdediging van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW). Waar is die straat […]

Lees verder

Elias Motsoaledi-straat

Elias Motsoaledi-straat kan ’n mens (en ’n GPS!) nogal verwar as jy nie weet waarheen om te gaan nie, want daar is nie net een straat wat na dié anti-apartheidsaktivis vernoem is nie. Daar is ’n Elias Motsoaledi-straat in Langenhovenpark, Bloemfontein, asook in Soweto en in Pretoria (deel van die ou Kerkstraat). Die ou Kerkstraatpad […]

Lees verder

Pixley ka Isaka Seme-straat

In die Johannesburgse middestad is daar ’n straat wat Pixley ka Isaka Seme-straat gedoop is. Jou ouers ken dié straat dalk eerder as die ou Sauerstraat. Sauerstraat is na Johannesburg se eerste distriksgeneesheer, dr. Hans Sauer, vernoem. Die straat dra egter sedert 2013 sy nuwe naam en is na die stigter van die South African […]

Lees verder

Myrtle Patricia Atteridge

Die township Atteridgeville het ’n baie interessante geskiedenis en dis te danke aan een vrou dat daar ’n township in Pretoria-Wes is. Die vrou se naam was Myrtle Patricia Atteridge (1900-1979). Sy was ’n voorvegter vir vroueregte en gelyke regte. Sy het in 1933 ’n stadsraadslid en adjunkburgemeester geword. Atteridge was die eerste vrou wat […]

Lees verder

Ossewabrandwag (OB)

Die Ossewabrandwag (OB) het nie vir lank bestaan nie, maar het wel in sy kort bestaan deel geword van Suid-Afrika se geskiedenis. Vandag is daar nog mense wie se oupas en oumas lede van die OB was en wat by hulle stories daaroor gehoor het. Stigting In November 1938 het ’n groep van ongeveer 15 […]

Lees verder

Vind artikels

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer