Kategorie: My land

Boerneef

“Die berggans het ’n veer laat val” is een van Boerneef se bekendste gedigte. Hy het van 1897 tot 1967 geleef en word as een van Afrikaans se voorste digters gereken. Hy was ook ’n skrywer, leksikograaf en ’n akademikus. Die berggans het ’n veer laat val van die hoogste krans by Woeperdal My hart […]

Lees verder

Lieb Bester

Dit gebeur nie sommer dat ’n persoon vier verskillende beroepe beoefen nie – maar dit is wat Lieb gedoen het: Hy was akteur, musikant, onderwyser én hy het ’n loopbaan in die weermag gevolg. Dan het hy nog gesing ook. Boonop was daar tye waarin hy sommer drie van hierdie werke gelyktydig gedoen het! Lieb […]

Lees verder

Die Suid-Afrikaanse Weermag

As ’n mens wil uitvind hoe die eerste weermag in Suid-Afrika gevorm is, moet jy ver in die verlede terugkyk. Terug tot in 1652 toe Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het. Maar voor ons uitvind hoe als begin het, moet ons eers kyk na wat ’n weermag is. ’n Weermag is ’n groot […]

Lees verder

Gé Korsten

Toe daar in 1927 ’n seuntjie met die naam Gérard Korsten in ’n klein dorpie in Nederland gebore is, het niemand geweet dat hy eendag een van die gewildste kunstenaars in Suid-Afrika sou word nie. Ons land het ’n wonderlike kunstenaar en superster ryker geword toe sy ouers besluit het om hul land te verlaat […]

Lees verder

Paul Eilers

Paul Eilers was een van daardie kunstenaars wat die bedryf waarin hy gewerk het, van alle kante af leer ken en beoefen het. Hy was ’n rolprentvervaardiger, regisseur van rolprente en verhoogproduksies, radio-omroeper én akteur wat in rolprente en verhoogstukke gespeel het. Dan het hy boonop ’n radiostasie en sy eie rolprentateljee begin – ’n […]

Lees verder

Elize Cawood

Elize het deur haar hele lewe die plattelandse meisie uit die Vrystaat gebly – eerlik, reguit en sonder fieterjasies. Sy is gebore om toneel te speel; dit het vir haar natuurlik gekom. Sy kon gehore laat huil, en sy kon hulle veral heerlik laat lag met haar baie fyn komiese aanvoeling. Vrystaatse meisie Elize is […]

Lees verder

Jamie Uys

Hierdie stil, nederige en hardwerkende man van Suid-Afrika het die rolprentwêreld in Suid-Afrika, maar ook in die hele wêreld, aan sy voete gehad met sy vindingryke rolprente. Uiteindelik het hy sy beste rolprent gemaak met ’n lid van die San-bevolking wat nog nooit in sy lewe ’n rolprent of ʼn Coke-bottel gesien het nie! Jamie […]

Lees verder

Suid-Afrika se inheemse groepe

Sommige lande het net een eenvormige groep mense wat in daardie land woon, sommige lande het sommer baie. Suid-Afrika is ook ’n land wat deur baie verskillende inheemse groepe mense bewoon word – party verskil baie van mekaar en party is weer amper dieselfde. Die inligting oor die verskillende groepe vertel hoe dit jare gelede […]

Lees verder

Die springbok

Wanneer ’n mens die woord “springbok” hoor, dink ’n mens nie altyd aan die bok met dié naam nie. Sportliefhebbers, en veral die duisende mense wêreldwyd wat van rugby hou, sal dalk heel eerste aan ons gerekende nasionale rugbyspan dink. Kom ons loer egter bietjie van naderby na dié pragtige bok wat Suid-Afrika se nasionale […]

Lees verder

Arnoldus Pannevis

Afrikaanssprekendes is vandag gelukkig om in hul taal te kan skryf, lees en skoolgaan. Ons kan dig in Afrikaans, sing in Afrikaans en stry in Afrikaans. Daar is talle boeke, tydskrifte, koerante, liedjies, TV-programme en flieks in ons taal. Dit was egter nie altyd die geval nie. Soos julle al weet, het Jan van Riebeeck […]

Lees verder

Vind artikels

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer