Kategorie: My land

January Masilela-rylaan

January Masilela-rylaan in Pretoria was voorheen Generaal Louis Botha-rylaan. Masilela was ’n soldaat en politieke figuur wat onder meer deel gevorm het van die bestuur van die African National Congress (ANC), asook ’n parlementslid was. Hy is veral bekend as die eerste swart sekretaris van verdediging van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW). Waar is die straat […]

Lees verder

Elias Motsoaledi-straat

Elias Motsoaledi-straat kan ’n mens (en ’n GPS!) nogal verwar as jy nie weet waarheen om te gaan nie, want daar is nie net een straat wat na dié anti-apartheidsaktivis vernoem is nie. Daar is ’n Elias Motsoaledi-straat in Langenhovenpark, Bloemfontein, asook in Soweto en in Pretoria (deel van die ou Kerkstraat). Die ou Kerkstraatpad […]

Lees verder

Pixley ka Isaka Seme-straat

In die Johannesburgse middestad is daar ’n straat wat Pixley ka Isaka Seme-straat gedoop is. Jou ouers ken dié straat dalk eerder as die ou Sauerstraat. Sauerstraat is na Johannesburg se eerste distriksgeneesheer, dr. Hans Sauer, vernoem. Die straat dra egter sedert 2013 sy nuwe naam en is na die stigter van die South African […]

Lees verder

Myrtle Patricia Atteridge

Die township Atteridgeville het ’n baie interessante geskiedenis en dis te danke aan een vrou dat daar ’n township in Pretoria-Wes is. Die vrou se naam was Myrtle Patricia Atteridge (1900-1979). Sy was ’n voorvegter vir vroueregte en gelyke regte. Sy het in 1933 ’n stadsraadslid en adjunkburgemeester geword. Atteridge was die eerste vrou wat […]

Lees verder

Ossewabrandwag (OB)

Die Ossewabrandwag (OB) het nie vir lank bestaan nie, maar het wel in sy kort bestaan deel geword van Suid-Afrika se geskiedenis. Vandag is daar nog mense wie se oupas en oumas lede van die OB was en wat by hulle stories daaroor gehoor het. Stigting In November 1938 het ’n groep van ongeveer 15 […]

Lees verder

Koos du Plessis

Daar is sekere Afrikaanse liedjies wat amper volksbesit is en wat Ma, Pa en die hele gesin ken. Dink hier aan liedjies soos “Kinders van die wind” en “Somerkersfees”. Die man wat hierdie lirieke geskryf het, was Koos du Plessis (1945-1984). Koos du Plessis staan ook as Koos Doep bekend en was ’n sanger, liedjieskrywer […]

Lees verder

Lucas Maree

’n Ware woordsmid is wat mens Lucas sou kon noem. Hy het die vermoë gehad om dinge so ráák te kon sien en dit dan in woorde oor te dra. Dit wat hy vir Afrikaans nagelaat het, sal vir so lank as wat Afrikaans bestaan, luisteraars en ook ander liedjieskrywers inspireer en aan hulle vreugde […]

Lees verder

Danie Craven

Suid-Afrika het ’n trotse rugbytradisie en het al baie talentvolle rugbyspelers opgelewer. Een van die bekendstes waaroor daar vandag nog gepraat word, is dr. Danie Craven, oftewel Dok Craven. Sy naam was so sinoniem met rugby dat hy Mnr. Rugby genoem is. Hy was nie net ’n Springbokrugbyspeler nie, maar ook ’n Springbok-keurder, -afrigter en […]

Lees verder

Herkoms en verandering van straatname

Die meeste straatname is eintlik ’n soort geskiedenisles oor die dorp of stad waarin hulle voorkom. Strate se name bly egter nie noodwendig vir altyd dieselfde nie, en die verandering van straatname gebeur van tyd tot tyd regoor die wêreld. Daar is baie redes daarvoor, en elke land het sy eie redes vir sulke veranderinge. […]

Lees verder

Vind artikels

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer