Kategorie: Afrikaans

Jan F.E. Celliers

Jan F.E. Celliers word as een van ons land se eerste ernstige digters beskou. Celliers het deur sy hartstogtelike liefde vir die natuur en eerstehandse ervaring van die Anglo-Boereoorlog (ABO) ʼn groot bydrae tot die Afrikaanse literatuurskat gelewer. Met die uitbreek van die ABO verruil hy sy pen vir ʼn mauser en vermom homself in […]

Lees verder

Wolraad Woltemade

Wolraad Woltemade word as ʼn Suid-Afrikaanse held beskou. ʼn Held is iemand wat baie dapper en vol moed is en na wie mense opsien en bewonder. S.J. du Toit het reeds in 1895 in De geskiedenis van ons land, in di taal van ons volk Wolraad Woltemade se storie vertel. Hy het geskryf dat daar […]

Lees verder

Poësie

Poësie verwys na die digkuns. ʼn Gedig is ʼn letterkundige teks in versvorm, met of sonder rym, waarin die digter ʼn sekere gedagte of gevoel deur middel van taalsimbole wil oordra. In gedigte word uitdrukking gegee aan intense, emosionele of diepsinnige ervarings of insigte. Kenmerke van poësie  ʼn Gedig het gewoonlik ʼn titel, maar dit […]

Lees verder

Narratiewe elemente

Die woord narratief verwys na ʼn mondelinge of geskrewe beskrywing of vertelling van gebeurtenisse; met ander woorde ʼn storie of verhaal. Narratiewe elemente is die hoofkomponente waaruit ʼn fiksionele verhaal bestaan. Ander verwante terme is narratiewe aspekte, narratiewe strategieë, narratiewe tegnieke, narratiewe strukture en narratiewe eienskappe. Hoewel verskeie narratiewe elemente deur verskillende teoretici onderskei word, […]

Lees verder

Drama

Die woord drama beteken “handeling” in Grieks en kan verwys na ʼn dramateks, sowel as die opvoering van ʼn dramateks. Hoewel hierdie inskrywing meestal na eersgenoemde betekenis verwys, is dit baie belangrik om te onthou dat ʼn dramateks oorspronklik geskryf word met die doel om opgevoer te word. Die skrywer van ʼn dramateks word ʼn […]

Lees verder

Kabaret

Oorspronklik het die woord kabaret na ʼn kroeg of ʼn klein kamer in ʼn herberg verwys. Hierdie betekenis is egter later uitgebrei om te verwys na ʼn geselskap van kunstenaars wat musiek maak, sing, dans en voordra tot vermaak van gaste by klein straatkafees, restaurante of nagklubs. Die kunskafee Le chat noir (“die swart kat”) […]

Lees verder

Storievertelling

Wys my ’n mens wat nie van ’n lekker storie hou nie! Die lewe is deurweef met soveel verskillende stories wat elk handel oor ’n sekere gebeurtenis, fase, mislukking, oorwinning of ervaring. Elke liewe mens, jonk of oud, het ’n lewensverhaal – ’n storie om te vertel. Elke dag wat tot ons lewe toegevoeg word, […]

Lees verder

Roman

ʼn Roman is ʼn redelike lang, fiktiewe verhaal waarin ʼn aantal episodes wat met mekaar verband hou, afspeel. Hierdie episodes word gewoonlik in hoofstukke verdeel. In die episodes word die karakter of karakters, en dit wat met hulle oor ʼn bepaalde tydperk gebeur, weergegee met die fokus op hul denke en handelinge. Die roman as […]

Lees verder

Jeugroman

Jeugromans is romans wat spesifiek vir jonger lesers (gewoonlik tussen die ouderdomme van 12 en 18 jaar) geskryf word. ʼn Jeugroman is korter as ʼn gewone roman, maar handel ook oor denkbeeldige karakters of gebeure. Die belangrikste elemente van ʼn jeugroman is die karakters, tyd, ruimte, gebeure en verteller. Die manier waarop die gebeure in […]

Lees verder

Vind artikels

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer