Vinnige feite

  • Die heerlike pizzas wat ons so graag eet, word ook uit rou materiaal verwerk na ’n vervaardigde vorm waaraan ons kan smul. Byvoorbeeld: ’n Margherita-pizza gebruik drie rou materiale wat verwerk word om die pizza te maak, naamlik koring, tamaties en melk. Hierdie rou materiale word deur prosessering verander in meel, tamatiesous en kaas (spesifiek mozzarella).
  • Sekere grondstowwe is niehernubaar kan nie weer vervang word nie. Steenkool, olie en gasse wat uit die grond en rotse ontgin word, is nie onbeperk nie. Wanneer daar niks meer oor is om te ontgin nie, sal die mens alternatiewe metodes moet vind om in die plek daarvan te gebruik. 4
  • Die mens moet dus altyd in ag neem dat die gebruik van rou materiale, asook die verwerking daarvan deur prosessering, ’n impak op die aarde het en die voortbestaan van mens en dier kan bedreig.
  • Rou materiale moet op ’n volhoubare en verantwoordelike manier gebruik word en waar moontlik moet nuwe bronne daarvan altyd aangevul word.
Foto: iStock

Materiaal is ‘n rou materiaal wanneer dit in sy natuurlikste vorm is. Dit is dus nog nie verwerk of tot die volgende stap waarin die materiaal sy funksie verrig, geprosesseer nie. Rou materiale, ook genoem grondstowwe, is oral in die omgewing om ons, soos die bome in ’n woud en steenkool en olie wat ondergronds aangetref word. 1

Wanneer hierdie rou materiale geprosesseer is, beteken dit dat mense dit verander het en dit nie meer in sy mees natuurlike vorm is nie. Dan word dit vervaardigde materiaal genoem. 2

Rou materiale van lewende dinge

Sommige rou materiale kom van lewende plante of diere. Voorbeelde hiervan is bome waarvan papier en hout gemaak word. Bome se  hout is dus die rou materiaal in sy natuurlike vorm wat verwerk word om produkte soos papier, meubels, bote, huise, ensovoorts te maak.

Dierevelle word in sy natuurlike vorm (leer) gebruik om mooi handsakke, tasse, skoene, gordels en ander leerprodukte te maak.

Wol kom van skape en sekere bokke en word gewas, gespin en gekleur om woldrade te maak waarmee klere en linne gebrei/gemaak word. Katoen kom van plante en word ook vir die maak van materiaal, klere, linne, ensovoorts gebruik. Pêrels wat gebruik word om juwele of ander versierings mee te maak, kom uit die binnekant van sekere lewende seeskulpe. 3

Lewende objek Rou materiaal Vervaardigde materiaal
Boom  Hout Papier, potlode, meubels, bote, huise.
Plante Katoen Klere, beddegoed.
Beeste  Beesvel

Melk

Leerhandsakke, -skoene, -tasse.

Botter, kaas, jogurt.

Skape en sekere bokke Wol Truie, serpe, beddegoed, klere.
Volstruise Vere en vel Vere as versiering op klere of hoede, leerprodukte soos handsakke en beursies.
Sywurms Sy wat deur die sywurm gespin word. Syklere en -linne.

Rou materiale van nielewende dinge

Metale en edelstene soos diamante word ontgin uit rotse in die grond. Skitterende juwele soos ringe en oorbelle word daarvan gemaak wanneer dit verwerk word tot vervaardigde materiale. 3

Metale as rou materiaal word verwerk om, onder meer, voertuie en masjinerie, kombuisware (potte en panne) en vele ander produkte mee te vervaardig.

Klei, steenkool en ruolie is nog voorbeelde van rou materiale wat uit die grond kom. Klei word in vorms gegiet of met die hand gevorm en gebak om erde- en porseleinware soos teekoppies, teepotte, vase en so meer te maak. Steenkool en ruolie word gebruik om plastiek, verf en sintetiese materiaal te maak en is ook nodig as brandstof vir vervoermiddels.

Silikasand is ’n natuurlike rou materiaal en word verhit tot uitermatige hoë temperature en gesmelt om glas te vorm.

Nielewende voorwerp Rou materiaal  Vervaardigde materiaal
Rotse Minerale soos diamante en ander edelstene.

Metale (aluminium, staal, koper). 5

Edelmetale soos goud. 6

Juwele soos ringe, hangertjies, oorbelle en ander.

Voertuie, masjinerie, kombuisware, muntstukke, ens.

Juwele soos ringe, hangertjies, oorbelle en ander.

Grond

(ondergronds of onder die seebodem)

Klei

Steenkool

Olie

Erdeware, porseleinteekoppies en ander breekware. Teëls en stene word ook van klei gemaak.

Plastiek, verf en sintetiese materiaal (soos akriel, nylon poliëster, spandeks). ’n Stoomlokomotief gebruik steenkool as brandstof. Petrol word ook van steenkool vervaardig. 4

Petrol word uit ruolie vervaardig, asook plastiek, verf en sintetiese materiaal (soos akriel, nylon en poliëster). 4

Sand Sand (silika) wat teen ’n hoë temperatuur verhit word, word glas. Drink- en wynglase en ander breekware. Vensters vir huise en voertuie.
Plante Rubber Waterstewels, rekkies en talle huishoudelike en sportprodukte.

Rou materiale het selfs plek in ’n pizza!

Die heerlike pizzas wat ons so graag eet, word ook uit rou materiaal verwerk na ’n vervaardigde vorm waaraan ons kan smul. Byvoorbeeld: ’n Margherita-pizza gebruik drie rou materiale wat verwerk word om die pizza te maak, naamlik koring, tamaties en melk. Hierdie rou materiale word deur prosessering verander in meel, tamatiesous en kaas (spesifiek mozzarella). 7

Die mens se verantwoordelikheid om rou materiale te vervang

Die penarie waarin die mensdom hom sal bevind as rou materiale onophoudelik ontgin, geoes, afgekap en ingewin word sonder om dit weer te vervang, is enorm. 3

Aangesien daar jaarliks duisende bome afgekap word vir die vervaardiging van papier en ander produkte, is dit uiters belangrik om gereeld bome aan te plant, want bome (én plantegroei) verskaf suurstof aan mens en dier. Maar nóg belangriker: wanneer woude uitgeroei word, verloor geweldig baie diere hul habitat en terselfdertyd hul kos. Dít kan lei tot die uitsterwing van talle dierspesies.

Sekere grondstowwe is niehernubaar kan nie weer vervang word nie. Steenkool, olie en gasse wat uit die grond en rotse ontgin word, is nie onbeperk nie. Wanneer daar niks meer oor is om te ontgin nie, sal die mens alternatiewe metodes moet vind om in die plek daarvan te gebruik. 4

Die mens moet dus altyd in ag neem dat die gebruik van rou materiale, asook die verwerking daarvan deur prosessering, ’n impak op die aarde het en die voortbestaan van mens en dier kan bedreig.

Rou materiale moet op ’n volhoubare en verantwoordelike manier gebruik word en waar moontlik moet nuwe bronne daarvan altyd aangevul word.

Kyk na hierdie video’s om nog meer te leer

Materiale en hul eienskappe

Natuurlike en verwerkte materiale

Foto: iStockFoto: iStockFoto: iStockFoto: iStockFoto: iStockFoto: iStockFoto: iStockFoto: iStockFoto: iStock
Gepubliseer op: 13 Januarie 2022 | Bygewerk op 3 April 2024