Vinnige feite
- ʼn Gedig word nie noodwendig geskryf met die gedagte dat akteurs dit gaan opvoer nie, omdat dit ʼn uitvloeisel van die skrywer se emosies is. Wanneer die gedig die nodige ritme en toon het, kan ʼn opvoering of voordrag oorweeg word.
- Die regisseur of akteurs moet eers vooraf seker maak dat dit wel as ʼn groep voorgedra kan word, dat daar genoegsame plek is vir verskillende stemme om ʼn goeie harmonie te vorm en dat die gedig opbou tot ʼn klimaks.
- Beweging kan ook by die opvoer van ʼn koraalgedig ingebring word, mits dit toepaslik is.
- Dit gaan nie net bloot oor die voordrag van die woorde van die gedig nie, maar ook oor die uitbeelding van emosie, daarom moet akteurs steeds gesigsuitdrukkings en emosies toon en die toepaslike karakters beliggaam.
ʼn Koraalgedig is wanneer ʼn teks deur verskillende stemme saam (as ʼn eenheid) voorgedra word. Party van die reëls kan opgewek wees en amper liries klink (asof dit gesing word), terwyl kontras met laer stemme geskep word. Daar kan ook na ʼn koraalgedig verwys word as ʼn spreekkoor.
ʼn Koraalgedig het ʼn definitiewe patroon en die boodskap en effek wat oorgedra word, is gewoonlik sterk en kragtig. Die woord ek kom nie in die gedig voor nie, omdat dit ʼn boodskap is wat deur meer as een stem oorgedra word, en die emosie van die gedig word dus deur meer as een persoon ervaar.
Die verskillende stemme wat die gedig voordra, hoef nie almal op een slag tegelyk die voordrag te doen nie, maar dit kan beurtelings gedoen word om patroon en kontras te bewerkstellig. Die koraalgedig kan ook as ʼn antifoon oorgedra word, met ander woorde die groep word in twee of meer kleiner groepe verdeel.
Die opvoer van ʼn koraalgedig
ʼn Gedig word nie noodwendig geskryf met die gedagte dat akteurs dit gaan opvoer nie, omdat dit ʼn uitvloeisel van die skrywer se emosies is. Wanneer die gedig die nodige ritme en toon het, kan ʼn opvoering of voordrag oorweeg word.
Die regisseur of akteurs moet eers vooraf seker maak dat dit wel as ʼn groep voorgedra kan word, dat daar genoegsame plek is vir verskillende stemme om ʼn goeie harmonie te vorm en dat die gedig opbou tot ʼn klimaks. Beweging kan ook by die opvoer van ʼn koraalgedig ingebring word, mits dit toepaslik is. Dit gaan nie net bloot oor die voordrag van die woorde van die gedig nie, maar ook oor die uitbeelding van emosie, daarom moet akteurs steeds gesigsuitdrukkings en emosies toon en die toepaslike karakters beliggaam.
Gewoonlik is ʼn groep wat ʼn koraalgedig opvoer in swart geklee, maar verskillende kostuums kan ook gebruik word, afhangend van die tematiek en omgewing. ʼn Koraalgedig is nie altyd alleenstaande nie en kan deel van ʼn musiekblyspel of drama vorm as ʼn interessante toneel wat deel uitmaak van die verhaal.
Wanneer ʼn gedig as ʼn koraalgedig opgevoer word, moet daar vooraf bepaal word wat die stemming van die gedig is, omdat dit uiteindelik die stemtoon en lyftaal van die voordrag gaan bepaal.
Vir ʼn dramatiese effek werk ruspouses baie effektief. By die gewenste reël in die gedig, kan daar ʼn paar tellings gewag word, voor die ritme weer hervat word. Die gebruik van liggaamstaal en die ruimte om die akteurs is belangrik, maar bewegings moet nie onnodig gemaak word nie.
Elke beweging moet ʼn bydrae lewer tot die oorvertel van die storie en die effek van die voordrag. Stemme kan tussen hard en sag, hoog en laag en vinnig en stadig afgewissel word. Wanneer daar ʼn belangrike reël is wat die tema van die gedig dra, kan dit ook geëggo word om klem op die reël te lê. 12
Vertolkingstekens
Vertolkingstekens is die manier waarop daar geskryf word op die teks van ʼn gedig sodat die persoon wie die gedig moet voordra, presies weet hoe elke woord of sinsdeel geïnterpreteer moet word. Dit wil sê dat die persoon wat die woorde moet vertolk, wéét hoe om dit te doen.
Voorbeelde van ʼn koraalgedigte:
Boggom en Voertsek |
Winternag |
Boggom en Voertsek het saam gelewe
Waar die Hantam-berge pryk En die dun kapok in die naglug swewe As die wind die biesies stryk.
Boggom en Voertsek het saam geswerwe Waar die boegoe-bossies bloei En die harde klip, deur die ys gekerwe In die oerou tyd, nog groei.
Boggom en Voertsek het saam gesanik In die aand teen die vollemaan: Sluit ek my oë vandag, dan waan ek Ek kan hulle taal verstaan.
Boggom en Voertsek het saam gesterwe, Waar die Hantam-wêreld hom strek. Daar’s niks as die storie om oor te erwe, En niks om daaruit te trek.
Deur: C. Louis Leipoldt 13
|
O koud is die windjie
en skraal. En blink in die doflig en kaal,
so wyd as die Heer se genade, lê die velde in sterlig en skade. En hoog in die rande, versprei in die brande, is die grassaad aan roere soos winkende hande.
O treurig die wysie op die ooswind se maat, soos die lied van ʼn meisie in haar liefde verlaat. In elk’ grashalm se vou blink ʼn druppel van dou, en vinnig verbleek dit tot ryp in die kou.
Deur: Eugène Marais |
Luister ook hier na Jannie du Toit se weergawe van Boggom en Voertsek in liedjievorm:
Luister hier na Jan Blohm se verwerking van Winternag in liedjievorm:
Woordbank
koraal | Kerklike koorsang; ook die melodie daarvoor. Koorsanger of koorknaap. 1 |
eenheid | ʼn Groep stemme wat die gedig as ʼn geheel vlot voordra. 2 |
artikulasie | Dit dui op die regte uitspraak van woorde en dat klanke soos “t” en “s” nie gemompel moet word nie, maar duidelik hoorbaar moet wees. 3 |
byklanke | Klanke kan deur een van die lede in die groep met die mond/liggaamsdele of ʼn instrument gemaak word om by te dra tot die algehele effek. 4 |
antifoon | Wanneer die groep in twee of meer groepe verdeel word. 5 |
kumulatief | Die stemme raak al hoe minder of al hoe meer tydens die voordrag. 6 |
solo | Reëls word individueel voorgedra op toepaslike plekke. 7 |
beurtelings | Woorde of reëls in die gedig word om die beurt voorgedra. |
kontras | ʼn Teenoorgestelde situasie word geskep met die woorde wat gepraat word, byvoorbeeld hard teenoor sag, baie stemme teenoor min stemme, en so meer. 8 |
patroon | In ʼn koraalgedig het dit te doen met die manier waarop die reëls in die gedig gesê word, deur van verskillende stemtegnieke gebruik te maak. 9 |
stemming | Gemoedsgesteldheid en luim is sinonieme vir stemming, en dit het te doen met die gevoel wat in die gedig geskep word deur die manier waarop die woord oorgedra word. 10 |