Kategorie: Wetenskap en geografie

Giza-piramides

Lank, lank gelede het die antieke Egiptenare drie massiewe piramides gebou. Ons weet nou nog nie eintlik presies hoe nie, want dis nie asof hulle hyskrane, groot vervoertrokke of enige hedendaagse tegnologie gehad het nie. Dit moes ’n enorme taak gewees het! Die piramides is in ongeveer 2575 tot 2465 v.C. op die westelike oewer […]

Lees verder

Stille Oseaan

Die Stille Oseaan moet mos  ʼn rustige en stil oseaan wees, nè? Die Portugese ontdekker Ferdinand Magellaan het die oseaan “El Mar Pacific” genoem, wat “die stil/vreedsame see” beteken. Maar wat Magellaan nie geweet het nie, is dat hierdie einste oseaan op ander kere allesbehalwe stil en rustig is wanneer die baie vulkane naby dié […]

Lees verder

Wêreldnatuurfonds

Het jy geweet daar is ʼn organisasie wat “toesig hou” oor die hele natuurlike wêreld? Dit is die wêreldbekende Wêreldnatuurfonds wat in nagenoeg 100 lande werk. Hierdie organisasie monitor die swartrenostergetalle in Namibië, probeer keer dat die tiergetalle in Suidoos-Asië nog verder daal, beskerm die reënwoude, en werk onverpoos daaraan om ons oseane gesond te […]

Lees verder

Magnesium

Dit laat vuurwerke helder wit brand, dit weeg nie veel nie en is baie belangrik vir mense en diere. Dit is die element magnesium, wat deel uitmaak van die groep elemente wat as alkali-aardmetale bekendstaan. Alkali-aardmetale is ’n versameling reaktiewe metale wat in die natuur voorkom, hoofsaaklik in alkaliese minerale. ’n Alkali is ’n verbinding […]

Lees verder

Eiffel-toring

New York het die Vryheidstandbeeld (in Engels: Statue of Liberty); Pretoria het die Voortrekkermonument; Kaapstad het Tafelberg; en Parys, Frankryk, het die Eiffel-toring. Dit is almal bakens wat sinoniem met daardie stede is. [Lees meer hier oor bakens.] As ons aan Kaapstad dink, kan ons dié stad amper nie sonder Tafelberg voorstel nie, en dieselfde […]

Lees verder

Boor

Dit is nie ’n element waarvan ’n mens dikwels hoor nie, maar boor (ook “borium” genoem) is belangriker vir lewe op aarde as wat jy dink, en dit is al baie, baie, baie jare lank deel van die aarde se storie. Navorsers het immers bevind dat boor in die oudste rotse op aarde teenwoordig was […]

Lees verder

Kalium

’n Vuurwerkvertoning is gewoonlik ’n ontploffing van ’n klomp kleure, maar as jy al spesifiek een met pers gesien het, het jy die element kalium in aksie gesien. Eintlik het jy omtrent elke dag van jou lewe daarmee te make, want kalium is ʼn algemene element wat in ’n groot aantal huishoudelike produkte – soos […]

Lees verder

Litium

As ek vir jou sê dat daar ’n metaal bestaan wat sag genoeg is om met ’n mes te sny, sal jy my seker nie glo nie, maar die element litium is só ʼn metaal. Dis sag, solied, silwerwit, en dit is een van die alkalimetale. Wanneer alkalimetale met water of suurstof reageer, vorm oksiede […]

Lees verder

Silikon

Dit kom op die strand voor, word selfs op Mars gevind en is baie belangrik vir rekenaars… Wat op aarde kan dit wees? Wel, dit is die element silikon wat omtrent orals op aarde voorkom, want dit word in sand gevind! Dit word egter nêrens in ’n suiwer vorm aangetref nie, want silikon vorm verbindings […]

Lees verder

Galjoen

Dié vis is nie juis mooi nie, maak ’n mens nie bang soos ʼn haai nie, en kan nie soos ʼn dolfyn uit die water spring nie. Die galjoen is egter beslis uitverkore, want dit is Suid-Afrika se nasionale vis. Die galjoen word ook die swart kurper (in Engels: black bream), swartvis (blackfish), of damba […]

Lees verder

Vind artikels

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer