Kategorie: Taal

Storievertelling

Wys my ’n mens wat nie van ’n lekker storie hou nie! Die lewe is deurweef met soveel verskillende stories wat elk handel oor ’n sekere gebeurtenis, fase, mislukking, oorwinning of ervaring. Elke liewe mens, jonk of oud, het ’n lewensverhaal – ’n storie om te vertel. Elke dag wat tot ons lewe toegevoeg word, […]

Lees verder

Roman

ʼn Roman is ʼn redelike lang, fiktiewe verhaal waarin ʼn aantal episodes wat met mekaar verband hou, afspeel. Hierdie episodes word gewoonlik in hoofstukke verdeel. In die episodes word die karakter of karakters, en dit wat met hulle oor ʼn bepaalde tydperk gebeur, weergegee met die fokus op hul denke en handelinge. Die roman as […]

Lees verder

Jeugroman

Jeugromans is romans wat spesifiek vir jonger lesers (gewoonlik tussen die ouderdomme van 12 en 18 jaar) geskryf word. ʼn Jeugroman is korter as ʼn gewone roman, maar handel ook oor denkbeeldige karakters of gebeure. Die belangrikste elemente van ʼn jeugroman is die karakters, tyd, ruimte, gebeure en verteller. Die manier waarop die gebeure in […]

Lees verder

Mite

Die woord mite het meer as een betekenis. Eerstens verwys dit na antieke verhale oor gode, halfgode en heldefigure. In sulke verhale word belangrike gebeure uit die verlede oorvertel om natuurverskynsels of menslike ervarings te probeer verklaar. Dit word ook dikwels aangewend om abstrakte begrippe te verduidelik. Tweedens verwys dit na ʼn ideaal of lewensbeskouing […]

Lees verder

Kortverhaal

ʼn Kortverhaal is ʼn prosateks wat heelwat korter as ʼn roman is. Dit is een van die oudste vorme van storievertelling en is familie van die fabel, die mite, die volksverhaal, die sprokie, die anekdote en die gelykenis. Die moderne kortverhaal het vroeg in die negentiende eeu as ʼn afsonderlike genre ontwikkel. Hierdie ontwikkeling hou […]

Lees verder

Sinsleer: Bedrywende en lydende vorm

Wat is die bedrywende en lydende vorm? In die meeste skoolhandboeke word daar van die bedrywende en lydende vorm gepraat. In die meeste taalkundehandboeke word die bedrywende vorm die “aktiewe vorm” of die “aktief” genoem, en die lydende vorm word die “passiewe vorm” of “passief” genoem. Albei is korrek. As ons oor die bedrywende en […]

Lees verder

Volksverhaal

ʼn Volksverhaal ontstaan tradisioneel in die volksmond en word van geslag tot geslag oorvertel. Die doel van volksverhale is om sin te maak van menslike gedrag en die samelewing of om natuurverskynsels te verklaar. Vóór die ontwikkeling van skryfstelsels is volksverhale mondelings oorvertel of opgevoer. Vertellers van volksverhale het dikwels tegnieke soos gebare, mimiek, dramatiese […]

Lees verder

Fabel

ʼn Fabel is ʼn kort verhaal wat mense se sterkpunte en swakhede uitbeeld, gewoonlik deur middel van niemenslike karakters soos diere, plante, natuurkragte en lewelose voorwerpe. Fabels dra altyd een of ander algemene lewensles of wysheid aan die leser of luisteraar oor. Waar kom fabels vandaan? Die fabel het sy oorsprong in die Ooste, maar […]

Lees verder

Sinsleer: Direkte en indirekte rede

Wat is direkte en indirekte rede? Wanneer ’n skrywer in ’n teks skryf wat mense gesê het, kan dit op een van twee maniere gedoen word: Die skrywer kan gesprekke weergee in direkte rede, wat beteken dat die woorde wat die mense gesê het, net so neergeskryf word soos wat hulle dit gesê het. Die […]

Lees verder

Vind artikels

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer