Kategorie: Taal

Krotoa

Krotoa, ook bekend as Eva (1642-1674), was ’n Khoi-Khoi, tolk en inwoner van die Kaap de Goede Hoop. Sy is een van die bekendste inwoners uit daardie tydperk van Suid-Afrika se geskiedenis – man of vrou, swart, bruin of wit. Sy was een van die eerste Khoi-Khoi-persone wat Christenskap aangeneem het, en die eerste persoon van […]

Lees verder

Elisabeth Eybers

Elisabeth Françoise Eybers (1915-2007) word as een van Suid-Afrika se grootste digters beskou. As jy nog nie een van haar besonderse gedigte teëgekom het nie, wag maar net geduldig, want jy gaan beslis een of ander tyd van haar poësie by die skool ontleed. Hoekom? Wel, sy word as Afrikaans se eerste vroulike digter (oftewel digteres) […]

Lees verder

Jan Marais

Jy ken dalk ’n paar Jan van der Merwe-stories, maar het jy al die storie oor Jan Marais gehoor? Hierdie man is eintlik veel meer bekend vir dit wat ná sy dood danksy hom gebeur het, as dit wat hy tydens sy lewe gedoen het. Jan, of Jannie soos wat baie mense hom genoem het, […]

Lees verder

Rachel de Beer

Rachel (of Racheltjie) de Beer was volgens oorlewering (verhale of stories wat van een geslag na die volgende oorgedra of oorvertel word) ʼn baie dapper meisie wat in die 1830’s geleef het. Dit was in die tyd van die Groot Trek toe mense in moeilike omstandighede geleef, ver gereis en soms lang tye in die veld […]

Lees verder

Percy Fitzpatrick

Jy ken dalk nie die naam sir Percy Fitzpatrick nie, maar as jy hoor dat hy die man is wat die boek Jock of the Bushveld geskryf het, sal jy seker dadelik die boek herken, want wie ken nie die storie van die dapper hond Jock nie? Dis sekerlik een van Suid-Afrika se bekendste kinderboeke. […]

Lees verder

Afrikaanse skole en universiteite

Dit is nogal vreemd om te dink dat daar eens op ’n tyd nie ’n enkele Afrikaanse skool in ons land was nie! In vergelyking met ander tale op aarde is Afrikaans eintlik ’n baie jong taal en tog vier ons in 2025 die 100ste bestaansjaar van Afrikaans as amptelike taal in Suid-Afrika. As ons […]

Lees verder

Die Hertzogprys

Hoe weet ʼn mens dat jy ʼn uitstekende skrywer, digter of dramaturg in Afrikaans is? Wel, jy wen ʼn Hertzogprys. Die Hertzogprys word as die kroonprys van alle letterkundepryse in Afrikaans beskou. Dit is die prys wat jaarliks deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (voorheen genoem die Suid-Afrikaanse Akademie vir Taal, Lettere en […]

Lees verder

Jan F.E. Celliers

Jan F.E. Celliers word as een van ons land se eerste ernstige digters beskou. Celliers het deur sy hartstogtelike liefde vir die natuur en eerstehandse ervaring van die Anglo-Boereoorlog (ABO) ʼn groot bydrae tot die Afrikaanse literatuurskat gelewer. Met die uitbreek van die ABO verruil hy sy pen vir ʼn mauser en vermom homself in […]

Lees verder

Vind artikels

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer