Kategorie: Politiek

Die Afrikanerbond

In 1872 het Brittanje vir die Kaapkolonie verantwoordelike regering gegee, met ander woorde die mense in die regering was nou Kapenaars, en nie Britte nie. Al was daar meer Afrikaanssprekende as Engelssprekende inwoners in die Kaap, het Engelssprekendes die regering oorheers. In die 1880s het daar organisasies ontstaan wat begin het om vir Afrikaners se […]

Lees verder

Die Withuis

ʼn Mens sien dit dikwels in televisiereekse, op die nuus en in rolprente: groot, indrukwekkende geboue waar magtige wêreldleiers woon en regeringsamptenare werk. Dié geboue is nie om dowe neute so bekend nie, want baie besluite word hier geneem wat ʼn groot invloed op die geskiedenis het – van oorloë beplan en strategieë slyp, tot […]

Lees verder

Die Statebond

Miskien het jy al gehoor van die Statebondspele? Dis ’n sportbyeenkoms, amper soos die Olimpiese Spele, waaraan mense van oor die hele wêreld deelneem. Maar party lande, soos die Verenigde State en Rusland, neem byvoorbeeld nie deel nie, want hulle is nie lede van die Statebond nie. Dus, wie of wat is die Statebond? En […]

Lees verder

Sol Plaatje

Solomon (Sol) Tshekisho Plaatje was ’n taalkundige, joernalis, politikus, staatsman en skrywer wat diep spore getrap het in die taalwêreld, die joernalistiek, en in Afrika-aangeleenthede. Sy belangrikste nalatenskap was dat hy ’n stigterslid was van die South African Native National Congress (1912) wat later die African National Congress (ANC) sou word. Vroeë jare Sol Plaatje […]

Lees verder

Die 11 September-aanval (9/11)

Op 11 September 2001 is die dodelikste terreuraanval tot nog toe teen die Verenigde State van Amerika (VSA) geloods. Op daardie aanvankelike vreedsame bloulugoggend het lede van die ekstremistiese Al-Kaïda-terroristegroep vier vliegtuie geskaak. Altesaam 2 977 mense van 93 verskillende nasies is op dié dag in die vier aanvalle dood. Passasiersvliegtuie as aanvalswapens  Op 11 […]

Lees verder

Adolf Hitler

Adolf Hitler (1889-1945) is vandag bekend as een van die mees brutale diktators (alleenheerser met onbeperkte mag) in die geskiedenis. Hy het die Tweede Wêreldoorlog – die bloedigste oorlog ooit – begin deur Pole in te val. Hy was ook die meesterbrein agter die Joodse volksmoord, ook bekend as die Holocaust. Grootwordjare Hitler is op […]

Lees verder

Henry de Villiers

Toe Suid-Afrika in 1910 ’n Unie geword het, moes die vier kolonies – Transvaal, Vrystaat, Natal en die Kaap – verenig. Elkeen van hierdie plekke het sy eie regering en parlement gehad, wat nou moes saamsmelt in één regering en één parlement! Nog iets wat moes saamsmelt, was die verskillende gebiede se regstelsels, met ander […]

Lees verder

Imperialisme

Verbeel jou dat jy albasters by die skool speel. Een outjie het die mooiste en blinkste albasters, maar hy wil jou en die ander maats se albasters ook vat. Hy boelie al die kinders om hul albasters te vat en toe jy weer sien, het jy geen mooi albasters oor nie. Dit is die grondslag […]

Lees verder

Robert Mugabe

Hy spog met ses universiteitsgrade, waarvan twee meestersgrade is, en tientalle eredoktorsgrade. Hy was eers ’n onderwyser voordat hy ’n revolusionêre politikus en een van Afrika se mees omstrede en langsdienende leiers geword het. Vir sommige was Robert Mugabe ’n held, maar vir talle was hy ’n meedoënlose magsvraat wat nie geskroom het (bang was) […]

Lees verder

Black Sash

Dit gebeur soms in die geskiedenis dat daar ’n organisasie gestig word sonder dat die oorspronklike stigters besef hoe wyd en hoe ver hul invloed in die toekoms in gaan strek. Só ’n organisasie is die Black Sash. Hulle het vandat hulle gestig is vir duisende mense raad en hulp en hoop gegee. Vandag is […]

Lees verder

Vind artikels

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer