Indiese Oseaan
Van die drie bekendste oseane in die wêreld – die Stille Oseaan, Atlantiese Oseaan en Indiese Oseaan.
Van die drie bekendste oseane in die wêreld – die Stille Oseaan, Atlantiese Oseaan en Indiese Oseaan.
Die uKhahlamba-Drakensberge Nasionale Park is Afrika se grootste beskermde berglandgebied en is op 30 November 2000 as ʼn Unesco-wêrelderfenisgebied verklaar. Dié gebied strek oor 242 813 ha. langs die grens van KwaZulu-Natal en Lesotho. Die uKhahlamba-Drakensberg Nasionale Park is ʼn versameling van verskeie parke wat saamgesmelt het om een groot park te vorm en sluit, […]
Die Portugese seevaarder Bartolomeu Dias het tydens ʼn ontdekkingstog vanaf 1487 tot 1488 om die suidpunt van Afrika gevaar en tot so ver as die huidige Gqeberha (Port Elizabeth) gevorder. Op sy terugreis het hy die Kaap die Goeie Hoop ontdek. Hierdie reis van Dias was deel van die Portugese se beplande soektog na ʼn […]
Die Gat in die muur is ʼn interessante rotsformasie, 8 km suid van Koffiebaai, by die mond van die Mpakorivier in die Oos-Kaap. Deur die rotsmuur loop ʼn “tonnel” wat groot genoeg is dat ʼn seilboot daardeur kan vaar. Hierdie gat of tonnel is gevorm deur miljoene jare se malende water wat by die rotseiland […]
Die regte van kinders word in die meeste lande as baie belangrik beskou. Daar is ook belangrike dokumente in die wêreld wat aandag gee aan die regte van kinders.
Menseregte het eers bekend gestaan as “the rights of man”. In die middel van die 20ste eeu het die Amerikaanse presidentsvrou Eleanor Roosevelt, wat toe by die Verenigde Nasies gewerk het, begin om daarna te verwys as “menseregte” of “human rights”. Sy het gesê dit klink asof “the rights of man” net te doen het met […]
Soos oudpres. Nelson Mandela ’n reuse-bydrae gelewer het in die oorgang na ’n demokratiese Suid-Afrika, was daar ook verskeie ander rolspelers wat hulle vir vryheid en gelykheid in ons land beywer het. Baie van hulle was vroue, maar min is werklik goed aan ons bekend. Wie was Frances Baard? Een van die vroue wat hard […]
Suid-Afrika is baie ryk aan minerale soos goud, platinum, diamante, chroom, vanadium, mangaan en titaan, asook uraan, kobalt, koper, ystererts, nikkel, sink, kalksteen, rotsfosfaat, en nog vele meer. Die meeste minerale is in die noordoostelike deel van ons land gekonsentreer. Mynbou vorm die grondslag waarop nywerhede gebou word. Afrika spog met nagenoeg 30% van die […]
Inheemse plantlewe is plante wat natuurlik in ʼn sekere gebied voorkom en dus eie is aan daardie spesifieke land of streek. Uitheemse plante is dus plante wat van elders af kom en hoofsaaklik deur mense op plekke gevestig is wat nie hul natuurlike habitat is nie.
Die oorloë wat aan die einde van die 18de eeu deur die Franse Revolusie in Europa begin is en aan die begin van die 19de eeu deur Napoleon voortgesit is, het duidelik gewys dat die Kaap strategiese waarde as ʼn koloniale besitting het. Die twee grootste teenstanders in hierdie oorloë was Brittanje en Frankryk. Hulle […]