Kategorie: My land

Al Debbo

Hy was ’n Bloemfonteinse seun met groot oë wat hy vreeslik kon rondrol en wat mense kon laat skaterlag. Later het hy met ’n slaprandhoedjie en ’n sonbril wat heeltemal te groot was vir sy gesig, so gewild geword dat hy in die hele land bekend was. Dit was Al Debbo – ’n komediant wat baie […]

Lees verder

Geelhoutboom

Die geelhoutboom is Suid-Afrika se nasionale boom, een van ons nasionale simbole. Ons het ook ’n nasionale volkslied, vlag, wapen, dier, voël, vis en blom. Ons nasionale dier is die bekende springbok, die nasionale voël is die bloukraanvoël, die nasionale vis is die galjoen, en die nasionale blom is die koningprotea. Al hierdie simbole is […]

Lees verder

J.B.M. Hertzog

Generaal James Barry Munnik Hertzog (1866-1942), regter, Boeregeneraal en staatsman, het sy lewe aan die Afrikanervolk gewy. Daar is waarskynlik niemand wat ’n groter bydrae gelewer het tot die opheffing van die Afrikanervolk van oorwonne volk ná die Anglo-Boereoorlog (1899-1902), tot die magtige kulturele en politieke groep wat Suid-Afrika se geskiedenis in die twintigste eeu oorheers […]

Lees verder

Wilna Snyman

Mense wie se werk dit is om rolle op ’n verhoog te vertolk en daarmee hul inkomste verdien, is almal ook net gewone mense met goeie tye en minder goeie tye. So ’n mens is Wilna Snyman ook – ’n vrou vir haar man, ma vir haar kinders, ouma vir haar kleinkinders en aktrise wat […]

Lees verder

Anna Neethling-Pohl

Wie was hierdie merkwaardige vrou? Iemand wie se pa toneel gespeel het en sy kinders van jongs af aan kultuurdinge bekend gestel het; wie se ma klavier gespeel en gesing het; wie se een suster bekend was op radio en televisie en ook as rolprentregisseur; en wie se een broer ’n komponis was én geskilder […]

Lees verder

Maria Kloppers

Die meeste van ons kan by ons eie ouers grootword en saam met ons eie broers en susters ons ouers se onvoorwaardelike liefde en sorg geniet. Maar soms gebeur dit nie, en dan is daardie baba of ouer kind wees. Dit beteken dat so ʼn kind geen heenkome of sorg het nie en uitgelewer is […]

Lees verder

Andrew Murray

Dit het nie dikwels in die wêreld se geskiedenis gebeur dat ’n pa en ’n seun albei só ’n groot invloed op die geestelike lewe van soveel mense gehad het nie. Maar dit is wat Andrew Murray senior en Andrew Murray junior gedoen het – albei het hul lewe volledig aan die verkondiging van die […]

Lees verder

Helen Martins – die uilvrou van Nieu-Bethesda

Dink ’n bietjie wat sal gebeur as daar iemand in jul straat kom bly wat vreemde standbeelde op die hele erf bou? En dan ook nog haar huis op allerhande ongewone maniere versier. Miskien sal die bure wonder oor so iemand en hulle sal dalk selfs stilletjies onder mekaar oor dié boheemse persoon stories vertel. […]

Lees verder

Militarisme

Dink hoe dit moet voel as jy ná skool vir twee jaar saam met die weermag in ’n oorlog ver van die huis af moet gaan veg. Pleks van universiteit toe gaan, moet jy gaan baklei in ’n bloedige oorlog waar jy kan sneuwel en nooit eers kans kry om met ’n grootmenslewe te begin […]

Lees verder

Die Afrikanerbond

In 1872 het Brittanje vir die Kaapkolonie verantwoordelike regering gegee, met ander woorde die mense in die regering was nou Kapenaars, en nie Britte nie. Al was daar meer Afrikaanssprekende as Engelssprekende inwoners in die Kaap, het Engelssprekendes die regering oorheers. In die 1880s het daar organisasies ontstaan wat begin het om vir Afrikaners se […]

Lees verder

Vind artikels

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer