Kategorie: Kultuur en vermaak

Eg Suid-Afrikaanse kos

“As jy regtig vriende wil maak, gaan na iemand se huis en eet saam met hom… die mense wat vir jou van hul kos gee, gee jou hul hart,” het ek onlangs gelees. Hoe waar is dit nie! En dit laat ons stilstaan by nie slegs tuisgemaakte of kontreikos nie, maar by Eg-Suid-Afrikaanse kos. Pannekoek, […]

Lees verder

Volkspele

Die hele gedagte oor volkspele het in 1912 by Samuel Henry Pellissier ontstaan. Hy was toe adjunkhoof van die Hoërskool Boshof. Hy en, onder andere, J.M. Meiring was in Swede in die stad Nääs waar hulle opleiding in hout- en skrynwerk gekry het. Saans, ná klas, het die jongmense volksdanse vir ontspanning gedoen. Elke land […]

Lees verder

Walt Disney

As ʼn mens die naam Disney hoor, dink jy dadelik aan strokiesprentkarakters soos Mickey Mouse en Pluto, prinsesse met pragtige wye rokke, en wipwaritte (roller coasters) in pretparke. Danksy Walt Disney kan ons vandag in dié wonderwêreld vol verbeelding en fantasie verdwaal. Trouens, sonder sy visie en baanbrekerswerk sou baie kinders én grootmense vandag nie […]

Lees verder

Kabaret

Oorspronklik het die woord kabaret na ʼn kroeg of ʼn klein kamer in ʼn herberg verwys. Hierdie betekenis is egter later uitgebrei om te verwys na ʼn geselskap van kunstenaars wat musiek maak, sing, dans en voordra tot vermaak van gaste by klein straatkafees, restaurante of nagklubs. Die kunskafee Le chat noir (“die swart kat”) […]

Lees verder

Tradisie

Tradisie is die woord wat ons gebruik vir die kultuurwaardes van ’n volk en dit sluit oorgelewerde sedes, gewoontes, kultuurgoedere, kultuurfeeste en -gebruike in wat van geslag tot geslag oorgedra en in stand gehou word. Tradisies kom in verskillende vorme en soorte voor en verskil gewoonlik van kultuur tot kultuur. Voorbeelde van tradisies sluit familie-, […]

Lees verder

Kulturele seremonies en rituele

Kulturele seremonies en rituele kom wêreldwyd voor. Dit word vanaf die geboorte van ’n persoon tot die dag waarop hy of sy sterf gebruik om belangrike mylpale in sy of haar lewe aan te dui. Suid-Afrika se mense behoort tot baie verskillende kulture. Hierdie kulture verskil van mekaar omdat elke kultuurgroep sy eie gewoontes, seremonies […]

Lees verder

Nasiebou

Die betekenis van die begrip nasiebou kan in verskillende lande verskillend wees omdat die omstandighede en geskiedenis van elke land verskil. In die algemeen beteken nasiebou om ’n land tot stand te bring wat goed funksioneer, veral waar daardie land voorheen nie goed gefunksioneer het nie. Dit kan wees omdat die land byvoorbeeld deur ’n […]

Lees verder

Die tamboeryn

Of jy nou van pop-, rock- of selfs klassieke musiek hou, êrens sal jy heel moontlik die klank van ’n tamboeryn hoor wat ritmies met ’n liedjie se melodie vervleg is.  Die tamboeryn is ’n baie ou en een van die bekendste instrumente. Dit vorm deel van ’n groep instrumente wat as perkussie– of slaginstrumente […]

Lees verder

Vind artikels

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer