Medisyne
Medisyne, ook genoem geneesmiddels, is ’n middel teen siektes.
Medisyne, ook genoem geneesmiddels, is ’n middel teen siektes.
ʼn Organisme is enige lewende ding, byvoorbeeld enige dier of plant. Organismes is ʼn biotiese of lewende deel van die omgewing. Die woorddeel “bio” beteken ‘lewe’. Rotse en sonskyn, daarenteen, is deel van die nielewende (abiotiese) omgewing. Organismes het gewoonlik vyf basiese behoeftes: Hulle het lug, water, voedingstowwe (voedsel), energie en ʼn woonplek nodig. Nie […]
Uitskeiding (ook ekskresie genoem) is wanneer stowwe uitgeskei word. Dit is ’n natuurlike proses vir mens, dier en plant om van afvalstowwe ontslae te raak en is een van die sewe basiese lewensfunksies. Plante skei koolsuurgas en soute deur hul blare en wortels uit. Mense skei sweet, urine, koolstofdioksied, ensovoorts, uit. Uitskeiding by die mens […]
Woede is ʼn sterk gevoel van kwaadheid wat jy nie kan beheer nie. ʼn Mens word gewoonlik woedend wanneer jy beledig of verontreg voel, of wreedheid en onreg sien plaasvind. ʼn Persoon wat woede ondervind, sal dikwels fisieke toestande ervaar, soos ‘n vinnige hartklop, verhoogde bloeddruk en verhoogde vlakke van adrenalien. Nog ʼn definisie van […]
As jy die water in ’n meer of ’n dam sou insluk, sal dit nie so sout proe nie. Hierdie watermassas met lae soutvlakke, gewoonlik minder as 1%, word vars water genoem.
Sonder water is géén lewe moontlik nie – hoe dikwels vergeet mens dit nie! Ons gebruik water daagliks – om mee te was, kos voor te berei, te drink en om plante en alles wat groei aan die lewe te hou. Vuil (besoedelde) water is nie bruikbaar nie; dit sal ons baie siek maak en diere, […]
’n Mens se liggaam verklap dikwels baie geheime oor ons gesondheid. Soms hoef ’n dokter net in ons oë of na ons velkleur te kyk om te weet dat ons ’n onderliggende siektetoestand het. Een só ’n siekte is geelsug (Engels: jaundice), waar die wit van ’n mens se oë, jou velkleur en selfs jou […]
Almal van ons wou waarskynlik al in die een of ander stadium ’n bietjie gewig afskud om in ’n mooi rok te pas of ons spiere vir ons maats te bult. Soms kan dié behoefte of begeerte om maerder te wees, só belangrik raak, dat dit buite beheer raak en ’n mens heeltemal te veel […]
Sedert antieke tye is aalwyne in Egiptiese hiërogliewe en in die San en Khoi se rotstekeninge opgeteken. Dié groen vetplant met die sagte, deurskynende gel (taai vloeistof) in sy blare, is nie net mooi in jou tuin of in ’n pot in die huis nie, maar het ook ’n lang geskiedenis van medisinale gebruike in […]
’n Selfbeeld is presies wat die woord sê: die beeld (of prentjie) wat jy van jouself het. Dit is soos om in ’n denkbeeldige spieël na jou binnekant te kyk.