Kategorie: Geskiedenis

J.B.M. Hertzog

Generaal James Barry Munnik Hertzog (1866-1942), regter, Boeregeneraal en staatsman, het sy lewe aan die Afrikanervolk gewy. Daar is waarskynlik niemand wat ’n groter bydrae gelewer het tot die opheffing van die Afrikanervolk van oorwonne (verslane) volk ná die Anglo-Boereoorlog (1899-1902), tot die magtige kulturele en politieke groep wat Suid-Afrika se geskiedenis in die twintigste […]

Lees verder

Die maanlanding

In 1969 het die mensdom vir die eerste keer ooit op ’n ander ruimteliggaam geloop toe twee Amerikaanse ruimtevaarders, Neil Armstrong en Buzz Aldrin, op die maan geland het. Die maanlanding was ‘n groot geskiedkundige gebeurtenis en is ’n bewys van die mens se vindingrykheid en deursettingsvermoë. Die Koue Oorlog en die ruimtewedloop Die Koue […]

Lees verder

Sint Bartholomeusnag

Die Kerkhervorming, wat in 1517 deur Martin Luther begin is, het die Christelike Kerk in twee geskeur. Aan die een kant was daar die Protestante, wat Luther en ander kerkhervormers se nuwe idees gevolg het. Aan die ander kant was die Katolieke, wat teen Luther se idees gekant was. Die groei van Protestantisme ná die […]

Lees verder

Maria Kloppers

Die meeste van ons kan by ons eie ouers grootword en saam met ons eie broers en susters ons ouers se onvoorwaardelike liefde en sorg geniet. Maar soms gebeur dit nie, en dan is daardie baba of ouer kind wees. Dit beteken dat so ʼn kind geen heenkome of sorg het nie en uitgelewer is […]

Lees verder

Andrew Murray

Dit het nie dikwels in die wêreld se geskiedenis gebeur dat ’n pa en ’n seun albei só ’n groot invloed op die geestelike lewe van soveel mense gehad het nie. Maar dit is wat Andrew Murray senior en Andrew Murray junior gedoen het – albei het hul lewe volledig aan die verkondiging van die […]

Lees verder

Die Afrikanerbond

In 1872 het Brittanje vir die Kaapkolonie verantwoordelike regering gegee, met ander woorde die mense in die regering was nou Kapenaars, en nie Britte nie. Al was daar meer Afrikaanssprekende as Engelssprekende inwoners in die Kaap, het Engelssprekendes die regering oorheers. In die 1880s het daar organisasies ontstaan wat begin het om vir Afrikaners se […]

Lees verder

Sol Plaatje

Solomon (Sol) Tshekisho Plaatje was ’n taalkundige, joernalis, politikus, staatsman en skrywer wat diep spore getrap het in die taalwêreld, die joernalistiek, en in Afrika-aangeleenthede. Sy belangrikste nalatenskap was dat hy ’n stigterslid was van die South African Native National Congress (1912) wat later die African National Congress (ANC) sou word. Vroeë jare Sol Plaatje […]

Lees verder

Slawerny in Suid-Afrika

Was jy al op ’n plaas? Het jy gesien hoe ’n boer beeste of skape op die plaas aanhou? ’n Boer koop diere op ’n veiling en besit die diere dan. Die diere is die boer se eiendom (besitting) soos wat ’n trekker of ’n windpomp die boer se eiendom is. Die boer mag die […]

Lees verder

Vind artikels

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Gee terugvoer