Desmond Tutu
ʼn Leier onder leiers, Nobelpryswenner én die eerste swart aartsbiskop van die Anglikaanse Kerk in Suid-Afrika. Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu was ál bogenoemde en meer – iemand met simpatie vir ander.
ʼn Leier onder leiers, Nobelpryswenner én die eerste swart aartsbiskop van die Anglikaanse Kerk in Suid-Afrika. Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu was ál bogenoemde en meer – iemand met simpatie vir ander.
Weet jy wat die Reddingsdaadbond is? Kom ons kyk na wat die verskillende dele van hierdie woord beteken: Redding verwys na iets of iemand wat uit ʼn moeilike plek of situasie gered moet word, daad is dit wat gedoen moet word of die aksie wat geneem moet word om iemand te kan red, en bond […]
Wat was die Groot Trek? Die Groot Trek was ’n georganiseerde verhuising toe duisende Afrikaanssprekende persone uit die Britse Kaapkolonie na die binneland getrek het. Die belangrikste deel van die Groot Trek het in die 1830’s-40’s plaasgevind. Doel van die Groot Trek Toe die Voortrekkers die Kaapkolonie verlaat het, was hul doel om ’n onafhanklike […]
ʼn Lynskip vaar met ʼn voorgeskrewe skedule of reisplan tussen vasgestelde hawens. Hierdie skepe word gebruik om vrag en passasiers heen en weer te vervoer.
Hy word nie net beskou as een van die vernaamste argitekte van die Britse Ryk nie, maar in Suid-Afrika het sir Herbert Baker sy stempel behoorlik afgedruk deur die Kaaps-Hollandse styl verder te ontwikkel en uit te bou as ʼn unieke styl eie aan ons land. Hy was enersyds die kunstige skepper van deftige geboue […]
Florence Nightingale het in ʼn tyd geleef waar sommige mense se gewoontes heeltemal anders was as waaraan ons vandag gewoond is. Haar ouers was ryk mense (welgesteld), en in daardie jare was dit tradisie dat jong meisies uit ryk en vername families nie regtig gestudeer het nie en ook nie nodig gehad het om te […]
Gerrit Maritz, wat in die meeste geskiedenisboeke deur mense soos Louis Trichardt, Piet Retief en Hendrik Potgieter oorskadu is, is oor die algemeen die mees onerkende (nie juis belangrik nie) Groot Trek-leier. Tog, by sy tydgenote het hy – een van die jongste Voortrekkerleiers – bekendgestaan as ’n godvresende man wat altyd bereid was om […]
’n Mens besef nie altyd dat baie vroue gedurende die Anglo-Boereoorlog (ABO) net so dapper soos hul mans was en dat hulle ook ’n merkwaardige bydrae tot die oorlog gelewer het nie. Johanna Brandt was in die tyd van die ABO ’n jong vrou van tussen 22 en 25 jaar oud. Sy was só lief […]
As jy al in Roodepoort of in Middelburg gery het, het jy dalk al in C.R. Swartstraat afgery, of dalk is jy in Laerskool C.R. Swart of in Hoërskool Staatspresident C.R. Swart. Hoekom is soveel strate en geboue na dié man genoem? Charles Robberts Swart, oftewel C.R. Swart, was ʼn advokaat en politikus, die laaste […]
Wie sou nou kon raai dat Boereverkenners in die vroeë 1900’s hul werk kon doen terwyl hulle met fietse rondry? Dit is presies wat Danie Theron in die Anglo-Boereoorlog (ABO) bewerkstellig (gedoen) het. Daar is baie in geskiedenisboeke geskryf oor Danie Theron en al die dapper dinge wat hy in die oorlog gedoen het om […]